Kolumbiet
Kolumbiet | |
---|---|
Formule | MnNb2O6 - FeNb2O6 |
Streep | donkerrooi tot swart |
Glans | glasagtig – submetallies |
Hardheid | 6 (Mohs) |
Transparansie | deursigtig tot opaak |
Kristallografie | |
Ruimtegroep | Pbcn |
Struktuurtipe | kolumbiet |
Eenheidsel | a = 14.433(2) Å, b = 5.7637(7) Å, c = 5.0832(8) Å (Mn) |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Kolumbiet is 'n mineraal wat 'n reeks ortorombiese mengkristalle van MnNb2O6 - FeNb2O6 vorm. Dit is die belangrikste niobiumerts.[1]
Struktuur
wysigDie mineraal is die argetipe van sy eie kolumbiet-struktuur. Dit is gebaseer op heksagonale digpakking van suurstofione. Die helfte van die oktaëderholtes is gevul met metaalione. Die gevulde oktaëders vorm sig-sag-kettings en een laag gevul met A-ione word afgewissel deur twee lae met B-ione.[2] Die mineraal tantaliet is isostruktureel en tantaalatome kan maklik die niobiumatome vervang.
Verwysings
wysig- ↑ "mindat 2520" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020.
- ↑ Phase transitions in ternary oxides H. Ehrenberg, H. Fuess, H. Weitzel bls. 257 in: High-Temperature Superconductors and Novel Inorganic Materials Springer Science & Business Media, 1999, ISBN 0-7923-5345-5, ISBN 978-0-7923-5345-4