Konserwatiewe Party (Verenigde Koninkryk)
Die Konserwatiewe Party, amptelik die Conservative and Unionist Party, is 'n sentrum-regse politieke party in die Verenigde Koninkryk. Die party is die amptelike opposisie sedert die verlies van mag in die algemene verkiesing van 2024. Dit was die meerderheidsparty in die Britse Laerhuis, die House of Commons, nadat dit in die algemene verkiesing van 2015 330 van altesaam 650 setels verower het, en was ook die grootste enkele party met 303 setels in die 55ste Parlement van die Verenigde Koninkryk tussen 2010 en 2015 toe dit 'n koalisieregering met die Liberaal-Demokrate gevorm het. Ook op plaaslike regeringsvlak was dit die grootste party met 8 296 raadslede op daardie tydstip.
Conservative and Unionist Party | |
Tories | |
Leier | Kemi Badenoch |
---|---|
Gestig | 1834 |
Voorafgegaan deur | Tory Party |
Hoofkwartier | Conservative Campaign HQ, 4 Matthew Parker Street, Londen, SW1H 9NP, Engeland |
Jeugvleuel | Conservative Future |
Ideologie | Konserwatisme (Brits)[1] Ekonomiese liberalisme[2] Britse unionisme Sagte Euroskeptisme[2][3][4] |
Internasionale affiliasie | International Democrat Union |
Amptelike kleure | Blou |
Webblad | conservatives.com |
Die Konserwatiewe Party is in 1834 gestig uit die geledere van die Tory-party - van daar die bynaam Tories - en was naas die Liberale Party die oorheersende krag in die politieke lewe van die 19de eeu. Nadat die Liberale Party deur steeds minder kiesers gesteun is, het die Britse Arbeidersparty (Labour Party) vanaf die 1920's die grootste politieke mededinger van die Konserwatiewes geword.
Konserwatiewe eerste ministers het gedurende die 20ste eeu altesaam 57 jaar as regeringsleiers gedien, insluitende Sir Winston Churchill wat dié amp vir twee termyne gevul het (1940–45, 1951–55), en Margaret Thatcher (1979–90). Gedurende mev. Thatcher se ampstermyne het die Britse ekonomie as gevolg van 'n beleid van ekonomiese liberalisering dramatiese omwentelinge ondergaan, terwyl Konserwatiewes toenemend euroskepties geword het.
Die huidige partyleier is sedert 2 November 2024 Kemi Badenoch.
Verwysings
wysig- ↑ "Capping welfare and working to control immigration" (in Engels). Conservative Party. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Februarie 2017. Besoek op 9 April 2016.
- ↑ 2,0 2,1 Wolfram Nordsieck. "Parties and Elections in Europe". parties-and-elections.eu (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2020. Besoek op 9 April 2016.
- ↑ (en) Paul Taggart and Aleks Szczerbiak. "The Party Politics of Euroscepticism in EU Member and Candidate States". University of Sussex. Besoek op 9 April 2016.
- ↑ Ariane Apodaca. "Information guide: Euroscepticism" (PDF). University of Cardiff (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 30 April 2016. Besoek op 9 April 2016.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Konserwatiewe Party (Verenigde Koninkryk).
- (en) Amptelike webwerf