Koper(II)chloried
Koper(II)chloried is 'n verbinding van chloor met koper in sy +2 oksidasietoestand met formule CuCl2. Dis 'n sout van koper met soutsuur.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Koper(II)chloried |
Chemiese formule | CuCl2 |
Molêre massa | 134,45 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 7447-39-4[1] |
Voorkoms | bruin vastestof[1] |
Reuk | Reukloos [1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=690,4 pm; b=330,0 pm; c=682,4 pm; β=122,197°[2] |
Ruimtegroep | C2/m[2] |
Nommer | 12 |
Smeltpunt | 620 °C (ontbind >300 °C)[1] |
Kookpunt | 993 °C[1] |
Digtheid | 3,386[1] |
Oplosbaarheid | oplosbaar[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | nie-brandbaar |
LD50 | 140-583 [mg/kg] (oraal; rot)[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Watervrye koper(II)chloried is higroskopies en blootgestel aan vog vorm dit skielik sy dihidraat CuCl2.2H2O wat groen is en aan die lug vervloei. Die stof is oplosbaar in water (706 [g/L]), metanol, etanol (530 [g/L]) en matig oplosbaar in asetoon en etielasetaat.[3]
Struktuur
wysigDie Cu2+-ioon het 'n [Ar]3d9 konfigurasie en ondergaan Jahn-Tellerverwringing. Die koördinasie het amper die vorm van 'n plat vierkant met kort Cu-Cl-afstande en twee lang afstande in die aksiale rigting loodreg op die vlak van die vierkant. Dit geld vir ook vir ander halokuprate soos KCuCl3 of NH4CuCl3.[4]
Vibrasies
wysigDie vibrasies van die verwronge koördinasie-oktaëder kan in infrarooi- en Ramanspektroskopie waargeneem word.[4]
CuCl2 | CuCl2.2H2O | Spektroskopie | Modus | |
---|---|---|---|---|
Frekwensie cm-1 | 406 (sterk) | Raman | Cu-O simm. strek | |
Frekwensie cm-1 | 428 (swak) | IR | Cu-O asimm. strek | |
Frekwensie cm-1 | 320 (sterk) | 284 (baie sterk) | IR | Cu-Clkort asimm. strek |
Frekwensie cm-1 | 247 (sterk) | 287 (baie sterk) | Raman | Cu-Clkort simm. strek |
Frekwensie cm-1 | 276 (skouer) | Raman | Cu-Clkort asimm. strek | |
Frekwensie cm-1 | 215 (baie sterk) | 166 (sterk) | Raman | Cu-Cllank simm. strek |
Frekwensie cm-1 | 201 (skouer) | 189 (baie sterk) | IR | Cu-Cllank asimm. strek |
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 1,8 "MSDS". Fisher. Besoek op 25 Augustus 2023.
- ↑ 2,0 2,1 "Tolbachite". Aflow.
- ↑ "Cupric Chloride (Compound)". PubChem NIH.
- ↑ 4,0 4,1 Stepakova, L.V., Skripkin, M.Y., Chernykh, L.V., Starova, G.L., Hajba, L., Mink, J. and Sandström, M. (2008). "Vibrational spectroscopic and force field studies of copper(II) chloride and bromide compounds, and crystal structure of KCuBr3". J. Raman Spectrosc. 39: 16–31. doi:10.1002/jrs.1778.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)