Kortblaarspinnekopbos
Spesie van die spinnekopbosse
Die kortblaarspinnekopbos (Serruria roxburghii) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Paarlberg, Paardeberg te Malmesbury en Riebeek-Kasteel voor. Die struik word 1.0 m hoog en blom van September tot November.
Kortblaarspinnekopbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Serruria |
Spesie: | S. roxburghii
|
Binomiale naam | |
Serruria roxburghii R.Br., (1810)
| |
Sinonieme | |
|
Die plant vrek na 'n brand maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei in sanderige grond op hoogtes van 120 - 160 m.
In Engels staan dit as die Short-leaf Spiderhead bekend.