Kotelni-eiland (Russies: Остров Котельный; Jakoeties: Олгуйдаах Aрыы, Olguydaax Arııta), die wêreld se 47ste grootste eiland en die vierde grootste eiland van Rusland na Sachalin, Sewerni-eiland en Joezjni-eiland, beslaan 'n oppervlakte van 23 165 km². Die eiland is in die noorde van Rusland in die Arktiese Oseaan geleë en behoort administratief tot die Republiek Sacha (Jakoetië) van die Verre Oosterse Federale Distrik. Kotelni-eiland grens in die weste aan die Laptefsee en in die ooste aan die Oos-Siberiese See. Kotelni-eiland behoort tot die Anzjoe-eilande, 'n subgroep van die Nieu-Siberiese Eilande en is die grootste eiland van dié eilandgroep.

Kotelni-eiland
Inheemse naam: Остров Котельный / Олгуйдаах Aрыы
Nasa-Satellietbeeld van Kotelni-eiland
Nasa-Satellietbeeld van Kotelni-eiland
Geografie
Ligging Noord-Rusland, Arktiese Oseaan
Koördinate 75°20′N 141°00′O / 75.333°N 141.000°O / 75.333; 141.000
Argipel Nieu-Siberiese Eilande

Oppervlakte 23 165 vk km
Hoogste punt Malakatyn-Tas 361 m
Administrasie
Vlag van Rusland Rusland
Federale distrik Verre Oosterse
Republiek Sacha (Jakoetië)

Demografie
Bevolking 2

Die wêreld se 47ste grootste eiland en die vierde grootste eiland van Rusland
Ligging van Kotelni-eiland binne die Nieu-Siberiese Eilande

Van die totale oppervlakte beslaan die eintlike Kotelni-eiland 11 665 km² en die naburige Faddejefski-eiland 5 300 km². Albei lande het na jaarduisende se sandvoeding saamgegroei, waardeur 'n landbrug van sowat 6 200 km² ontstaan het – Boengeland (Земля Бунге) genoem. Boengeland, wat 'n maksimumhoogte van net 8 m bereik, word soms oorstroom, waardeur die hoofeiland en Faddejefski van mekaar geskei word. Boengeland is na die Duits-Balties-Russiese botanikus, ontdekkingsreisiger en geneeskundige van Sweedse afkoms, Alexander von Bunge, genoem.

Eksterne skakels

wysig
Die Nieu-Siberiese Eilande
Anzjoe-eilande  Kotelni-eilandFaddejefski-eilandBoengelandNanosni-eilandNowaja SibirBelkofski-eiland
  Ljachofski-eilande  Groot-Ljachofski-eilandKlein-Ljachofski-eilandStolbowoi-eilandSemjonofski-eiland
De Long-eilande  Jeannette-eilandHenriëtta-eilandBennett-eilandWilkitskowo-eilandZjachowa-eiland