Sewerni-eiland
Sewerni-eiland (Russies: Се́верный о́стров, letterlik: "Noordeiland"), die wêreld se 30ste grootste eiland en die tweede grootste eiland van Rusland na Sachalin, beslaan 'n oppervlakte van 48 904 km². Dit is die vierde grootste eiland van Europa na Groot-Brittanje, Ysland en Ierland. Die eiland is in die noorde van Rusland in die Arktiese Oseaan geleë en behoort administratief tot die Archangelsk-oblast van die Noordwestelike Federale Distrik. Sewerni-eiland grens in die weste aan die Barentssee en in die ooste aan die Karasee. Sewerni-eiland is die noordelike van Nowaja Zemlja se twee eilande en net suid is Joezjni-eiland, die "Suideiland", geleë. Hulle word geskei deur 'n smal seestraat van 2–3 km wat Matotsjkin Sjar genoem word. Verder noord is die eilandgroep Franz Josef-land geleë. Die eiland is onbewoon en amper die hele jaar met ys bedek. Die noordoostelike punt van Sewerni-eiland, Flissingskij Mis (Vlissingse Kaap), is die oostelikste punt van Europa.
Sewerni-eiland Inheemse naam: о́стров Се́верный | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van Sewerni-eiland | |
Geografie
| |
Ligging | Noord-Rusland, Arktiese Oseaan |
Koördinate | 75°30′N 60°00′O / 75.500°N 60.000°O |
Argipel | Nowaja Zemlja
|
Oppervlakte | 48 904 vk km |
Hoogste punt | Pik Sedowa 1 547 m |
Administrasie | |
Rusland | |
Federale distrik | Noordwestelike |
Oblast | Archangelsk
|
Demografie | |
Bevolking | 0
|
Die wêreld se 30ste grootste eiland en die tweede grootste eiland van Rusland |
As gevolg van sy noordelike ligging is Sewerni-eiland grootliks met ys bedek. Met 'n oppvervlakte van sowat 19 800 km² is dit na Antarktika en Groenland die grootste met ys bedekte gebied. Daarbenewens beslaan kleiner gletsers 'n gebied van 3 900 km². Die ys is tot 400 m dik; die meeste gletsers eindig in die see uit en vorm ysberge.
Sewerni-eiland is voorheen deur Nenetse bevolk, maar voor die Sowjetse kerntoetse is die hele bevolking ontruim.