Kristo Pienaar
(Prof.) Kristo Johannes Pienaar (gebore 4 Julie 1922, oorlede 6 April 1996 ) was 'n Suid-Afrikaanse plantkundige, skrywer, akteur en TV-aanbieder. Hy was die aanbieder van die gewilde TV-program, 50/50 en het in verskeie teaterproduksies en rolprente opgetree. Hy was in die sewentigerjare nou betrokke by die amateurtoneelvereniging op sy tuisdorp, Bellville. Hy was ook op sy tyd die burgemeester van Bellville gewees.(1981-1983 en 1987-1989)[1]
Kristo Pienaar | |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
---|---|
Beroep(e) | Botanis, skrywer, akteur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Filmografie
wysigRolprente waarin hy as akteur opgetree het:
- Die Groen Faktor, 1984
- Broer Matie, 1984 as Broederbonder
- 'n Seder val in Waterkloof, 1978 as Prof. Vredenburg
- 'n Sonneblom uit Parys, 1974 as Charl Roux
- Met liefde van Adéle, 1974 as die skoolhoof
- Afspraak in die Kalahari, 1973 as Barend Bester
- Next Stop Makouvlei, 1972
- Rip van Wyk, 1959 as Dr. Venter
- Fratse in die Vloot, 1958 as die diamantdief
- Dis lekker om te lewe, 1957 as 'n dokter
Bibliografie
wysigVan die boeke wat hy geskryf het:
- Inseketende Plante; HAUM, 1986, ISBN 0798616016
- Suid-Afrikaanse watter blom is dit?; Struik, 2000, ISBN 1868724425
- Plant inheems; Struik, 1985; ISBN 0869778382,
- Plantkunde in Suid-Afrika: verlede, hede en toekoms; Universiteit van Wes-Kaapland; ISBN 0909075182
- Grondbeginsels van tuinmaak: vra vir Kristo; Struik, 1993, ISBN 1868252507
- Grondbeginsels van bome en struike; Struik, 1993, ISBN 1868252973
- Grondbeginsels van aldag-tuinmaak; Struik, 1992, ISBN 1868252523
- Die Suid-Afrikaanse watter blom is dit?: 'n onontbeerlike gids tot tuinplante; Struik, 2011, ISBN 1770078746
- 'n Anatomiese en ontogenetiese studie van die wortels van Suid-Afrikaanse liliaceae; Universiteit van Stellenbosch, 1965
- Die blomplant; Perskor, 1982, ISBN 0628022700
- Goue gedagtes; Perskor, 1981, ISBN 0628020473
- Die organografie van stingels, Perskor, 1982, ISBN 0628019696
- Organografie van wortels; Perskor, 1982, ISBN 0628021313,
- Grondbeginsels van tuinmaak maand vir maand; Struik, 1992, ISBN 1868252930
- Elke tuinier se gids tot tuinmaak: 'n gids vir aldag-tuinmaak in Suid-Afrika; Struik, 2002, ISBN 186872798X
- Naaksadige plante van Suid-Afrika, Perskor, 1978, ISBN 0628012349
- Tuinmaak in Suider-Afrika; Struik, 1993, ISBN 1868254232
- Inheemse plante vir die tuin; Struik Timmins, 1991, ISBN 0869785710
- Een- en tweesaadlobbige plante; Perskor, 1978, ISBN 0628013582
- A-Z van tuinblomme in Suid-Afrika; Struik, 1987, ISBN 0869775723
Verwysings
wysig- ↑ 'Kristo met 'n K' die nederige akteur, Beeld, 16 April 1996