Fratse in die vloot

(Aangestuur vanaf Fratse in die Vloot)

Fratse in die Vloot is 'n swart-en-wit Afrikaanse rolprent wat in 1958 uitgereik is. Die hoofspelers is Al Debbo en Frederik Burgers wat al as Suid-Afrika se eie "Laurel en Hardy" beskryf is. Debbo en Burgers is destyds geloof vir die "hoë standaard van komedie" wat hulle gestel het. Die regisseur was Pierre de Wet, wat as die vader van die Afrikaanse rolprentbedryf beskou word.[1]

Fratse in die Vloot
Regisseur Pierre de Wet
Met Al Debbo
Frederik Burgers
Vera Gibson
Uitgereik 1958
Speeltyd 78 min
Land Suid-Afrika
Taal Afrikaans
IMDb-profiel

'n DVD van die rolprent is op 6 Mei 2012 saam met die Rapport aan sy lesers versprei.

Genre

wysig

Die rolprent is 'n komedie en goeie gesinsvermaak. Dit is geskik vir alle ouderdomsgroepe.

Hoofrolspelers

wysig

Storielyn

wysig

Twee kabaretkunstenaars met vlootuniforms as kostuums doen hulle voor as admirale in die vloot om voorkeurbehandeling te kry. Maar gou is dit duidelik dat dié twee nie veel weet van vlootprosedures nie.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig