Kun-Woo Paik
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Kun-woo Paik (Hangul: 백|건|우, Hanja: 白|建|宇. Gebore op 10 Maart 1946 in Seoel, Suid-Korea) is a Suid-Koreaanse pianis. Hy het reeds saam met verskeie orkeste gespeel, insluitende die Londen Simfonieorkes, die BBC Simfonieorkes en die Sint Petersburg Filharmoniese Orkes.
Vroeë lewe
wysigKun Woo Paik is in Seoel gebore. Hy het in eerste konsert op 10-jarige leeftyd saam met die Koreaanse Nasionale Orkes gespeel met Grieg se Klavierconcerto. In die daaropvolgende jare het hy verskeie belangrike werke in Korea uitgevoer, waaronder plaaslike premières soos Moessorgski se Prente by 'n tentoonstelling. Later studeer hy in New York aan die Juilliard Skool, asook in Londen en Italië onder Rosina Lhévinne, Ilona Kabos, Guido Agosti en Wilhelm Kempff. Kun Woo Paik is 'n wenner van die Walter W. Naumburg Stigting en die Ferruccio Busoni Internasionale Klavierkompetisie.
Diskografie
wysig- 2012 Brahms Intermezzi - DG
- 2010 Brahms Klavierconcerto No.1, Variasies; ; Tsjeggiese Filharmoniese Orkes, dirigent Eliahu Inbal - DG
- 2008 Die volledige klaviersonates van Beethoven, uitgereik in Korea.
- 2007 Beethoven: Klaviersonates 27 tot 32 - Decca
- 2006 Beethoven: Klaviersonates 1 tot 15 - Decca
- 2005 Beethoven: Klaviersonates 16 tot 26 - Decca
- 2003 Chopin: Volledige werke vir klavier en orkes; Warskou Filharmoniese Orkes, dirigent Antoni Wit - Decca
- 2002 Fauré Klavierwerke - Diapason d'Or-prys - Decca
- 2001 Reynaldo Hahn – Werke vir twee klaviere, met Hüseyin Sermet - Naïve Records V4902
- 2000 J.S. Bach: Klavierwerke in transkripsie deur Busoni - Toccata BW564, 10 chorale preludes, Chaconne BW1004 - Decca
- 2000 Klavierwerke deur Liszt, Debussy, Francis Poulenc en Satie - EMI Music
- 1998 Rachmaninoff: Volledige werke vir klavier en orkes
- 1998 Mendelssohn: Songs Without Words
- 1996 Skriabin: Klavierwerke
- 1994 Prokofiëf: Volledige Klavierconcertos
- Prokofiëf: Klavierconcertos Nos. 2 en 5 - Naxos
- 1993 Florent Schmitt: Drie rapsodieë vir twee klaviere, Op. 53, met Huseyin Sermet - Auvidis
- 1992 Mendelssohn: Songs Without Words - Diapason d'Or-prys - Dante
- 1992 Rachmaninoff: Die 4 klavierconcertos, Rapsodie op 'n Tema deur Paganini - RCA
- 1992 Rachmaninoff: Klaviersonates 1 en 2 - Diapason d'Or-prys - Dante
- 1992 Prokofiëf: Klaviersonates 6, 7 en 8 - Diapason d'Or-prys - Dante
- 1992 Ravel: Volledige Klavierwerke
- 1992 Skriabin: Klavierwerke, Diapason d'Or-prys - Dante
- 1992 Skriabin: Sonates Nos. 6 en 9 en ander klavierwerke - Diapason d'Or-prys - Dante
- 1991 Prokofiëf: Die 5 Klavierconcertos; Poolse Nasionale Radio-Orkes - Disque d'or - Prix Nouvelle ~Académie du Disque - 2CD Naxos
- 1991 Liszt: Klavierwerke en musiek deur Franse komponiste (Francis Poulenc, Debussy, Satie) 2 CD - Virgin
- 1991 Ravel: Die werke vir soloklavier - Diapason d'Or-prys - Dante
- 1983 Ravel: Klavierconcerto in G, Concerto vir die linkerhand; Stuttgart Radio Simfonie, Gary Bertini, dirigent - Pro Arte Sinfonia
Toekennings
wysig- 1971 Wenner van die Naumburg Internasionale Klavierkompetisie
- 1992 Golden Diapason-prys (Aleksander Skriabin Album)
- 1993 Golden Diapason-prys (Sergei Prokofiev Album)
- 2000 Ho-Amprys
- 2009 Kyung-Ahmprys
- 2010 Orde van Kulturele Verdienstelikheid (Korea) [1]
Verwysings
wysig- ↑ "Kun Woo Paik is awarded Order of Merit," Geargiveer 23 Junie 2011 op Wayback Machine ICA International Classical Artists (UK). 3 Desember 2010, "Pianist Paik Kun-woo honored," Geargiveer 3 April 2012 op Wayback Machine Korea Herald (ROK). 2 November 2010, opgespoor 2011-04-22
Eksterne skakels
wysig- DECCA Paik Kun Woo Biografie
- Kun-Woo Paik (klavier) by Bach-Cantata.com