Kunigunde van Bronckhorst
Kunigunde van Bronckhorst (1250 – 29 Maart 1299) was 'n Gelderse adellike. Sy was 'n dogter van Willem van Bronckhorst en Irmgard van Randerode.[1]
Sy trou in 1270 met Otto II van Dale (1245–1282) graaf van Dalen en heer van Diepenheim. Hy was die seun van Hendrik II van Dale (gebore 1215) en Bertha van Bentheim (gebore 1210). Sy grootouers was Hendrik I van Dale en Regenwize vrou van Diepenheim. Daar bestaan 'n lys uit 1188 van die besittings van die familie. Dit betref veral besittings naby die Huis Dahl in die gemeentes Bork en Ottmarsbocholt in Wesfale, naby Ankum en Bersenbrück in Nedersakse, naby Huis Diepenheim in Twente en die graafskap Zutphen, en in Dodewaard, Tielerwaard, en Bommelerwaard
Uit hul huwelik word die volgende kinderes gebore:
- Bertrade van Dale (1270–1310). Sy trou in 1300 met Godfried van Borculo (1270), seun van Hendrik III van Borculo (1232–1288) en Agnes van Gelre en Zutphen (gebore 1235), dogter van graaf Otto II de Lamme van Gelre en Zutphen
- Bertha van Dale (1275–1350). Sy trou in 1300 met Steven van Zuylen (1275–1350) heer van Zuylen, Westbroek en Anholt, seun van Jan van Zuylen (1250).
- Dirk van Zuylen Anholt heer van Zuylen, Westbroek en Anholt (1310 – 15 Junie 1364)
Stamboom
wysigWillem van Bronckhorst | |||
Kunigunde van Bronckhorst | |||
Irmgard van Randerode | |||
Verwysings
wysig- ↑ J. C. G. W. Coenen, Baanderheren boeren & burgers, 2004