Kurukh
Kurukh (कुड़ुख़), ook Kurux, Oraon of Uranw, is 'n Noord-Drawidiese taal wat deur bykans 2 miljoen Kurukh- en Kisan-mense in die Indiese deelstate Jharkhand, Madhya Pradesh, Chhattisgarh, Orissa en Wes-Bengale, maar ook deur 65 000 in die noordelike Bangladesj, 28 600 in Nepal en sowat 5 000 in Bhoetan gebesig word. 'n Aantal Kurukh-sprekers bly ook in Suid-Indië. Kurukh is veral verwant aan Brahui en Malto, die twee noordelikste Drawidiese tale. Die taal word as "kwesbaar" aangewys in Unesco se Atlas van die wêreld se tale in gevaar, wat daarop dui dat die taal konsekwente bewaringspogings benodig.[2]
Kurukh कुड़ुख़ | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Indië | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 2,28 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Drawidies Noord Kurukh-Malto Kurukh | |
Skrifstelsel: | Tolong Siki, Devanagari | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Indië | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | kru
| |
ISO 639-3: | kru
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Scheduled Languages in descending order of speaker's strength – 2011" (PDF). Registrateur-generaal en sensuskommissaris van Indië. 29 Junie 2018. Besoek op 7 Julie 2018.
- ↑ (en) "UNESCO Interactive Atlas of the World's Languages in Danger". Unesco. Besoek op 16 Augustus 2020.