La Grande-Motte
La Grande-Motte is 'n moderne vakansieoord met 8 391 inwoners (2009) in die département Hérault (Languedoc-Roussillon, Suid-Frankryk), wat op 1 Oktober 1974 amptelik gestig is.
La Grande-Motte | |
---|---|
Die jaghawe van La Grande-Motte, met enkele van die "Piramides" in die agtergrond. | |
Koördinate: 43°33′41″N 4°05′09″O / 43.56139°N 4.08583°O | |
Land | Frankryk |
Gewes | Languedoc-Roussillon |
Département | Hérault |
Arrondissement | Montpellier |
Kanton | Mauguio |
Stigting | 1 Oktober 1974 |
Regering | |
• Burgemeester | Stéphan Rossignol |
Oppervlak | |
• Totaal | 10,58 km2 (4,08 vk. myl) |
Hoogte | 0–3 m (0–9,8 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 8 391 |
• Digtheid | 793/km2 (2 050/vk. myl) |
Poskode | 34280 |
Skakelkodes | 34344 |
Webwerf | lagrandemotte.fr |
La Grande-Motte lê in die historiese gebied Petite Camargue, sowat 30 km van Montpellier af, en is in die 1960's as een van die tipiese destydse Franse vakansieoorde beplan. Boubedrywighede het in 1966 begin, en reeds twee jaar later is die eerste geriewe vir toeriste geopen. Die dorp word nog steeds uitgebou en huisves gedurende die somervakansies sowat 100 000 vakansiegangers.
Die bekendste bakens van die stad is die "Piramides", 'n reeks geboue wat 'n groot aantal vakansiewoonstelle huisves, en Point Zéro, die Nulmeridiaan, wat deur La Grande-Motte loop. Die dorp beskik daarnaas oor 'n moderne jaghawe, watersportgeriewe, 'n gholfbaan, 'n winkelsentrum en 'n sentrum vir thalassoterapie. Alhoewel die dorp deur groot toringblokke oorheers word, is daar ook talle villa's in die Provensaalse styl met binnehowe.
Bronne
wysig- Patitz, Alex: Languedoc-Roussillon, Cevennen. Ostfildern: Mairdumont 2006, bl. 36-37
Wikimedia Commons bevat media in verband met La Grande-Motte. |