Laerskool Middelburg
Die Laerskool Middelburg is 'n openbare skool vir Afrikaanssprekende primêre leerders wat in Middelburg, Mpumalanga geleë is.
Laerskool Middelburg | |
Leuse | Wees Wakker[1] |
---|---|
Gestig | 28 September 1904[1] |
Tipe | Staatskool |
Hoof | Gerrie van der Merwe[1] |
Adjunkhoof(de) | Petrea van den Heever Willie Dique[1] |
Stigter | J. Cox |
Personeel | 65 onderwysers[1] 7 administratief |
Grade | R-7 |
Adres | Joubertstraat 32[1] |
Dorp | Middelburg |
Provinsie | Mpumalanga |
Land | Suid-Afrika |
Kleure | |
Webblad | www.laerskoolmiddelburg.co.za |
Geskiedenis
wysigDie skool het 'n lang en kleurvolle geskiedenis van oor die 110 jaar. Laerskool Middelburg is oorspronklik op 28 September 1904 as die Middelburg Free School geopen deur die destydse Direkteur van Onderwys in Transvaal, mnr. Fabian Ware.[2] Die skoolgebou is opgerig teen die reuse bedrag van £ 4666. Tydens die opening van die skool was mnr. McKenzie die hoof, en in 1908 staan die leerlingtal op 385.
In 2015 is die skoolhoof mnr. Gerrie van der Merwe.
Skoolwapen en Leuse
wysigIn 1924 verander die skool se naam na die Middelburg Afrikaanse Skool met 'n koedoekop as trotse skoolwapen.[2] In hierdie wapen is Afrikaner-patriotisme en liefde vir die natuur saamgesnoer. Die huidige naam van die skool is in 1978 aangeneem. Leerders verwys na hulself as "Koedoekoppe" en hulle leuse is "Wees Wakker".[2]
Skoollied
wysigDie skepper van die skoollied in 1976 was ene mev. Grobler en in 2014 is die woorde deur Surette Prinsloo verwerk.[2]
Bekende alumni
wysigLys van hoofseuns
wysig- Louw van Eeden (2014)
Lys van hoofdogters
wysig- Greta Kurpershoek (2014)