Laguna Beach
Laguna Beach is 'n klein strandoord en kunstenaarskolonie in die suide van die administratiewe distrik Orange County, Kalifornië, Verenigde State, halfpad tussen Los Angeles en San Diego geleë,[1] en sowat 31 kilometer suidwes van Santa Ana, die distrik se setel.
Ligging in Kalifornië | Wapen |
Orange County | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Kalifornië |
County | Orange County |
Koördinate | 33°32′N 117°46′W / 33.533°N 117.767°W |
Stigting | 1887 |
Geïnkorporeer op | 29 Junie 1927 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 25,2 vk km |
Hoogte bo seevlak | 6 m |
Bevolking: | |
- Totaal (Sensus 2010) | 22 723 |
- Bevolkingsdigtheid | 890/vk km |
Tydsone | PST (UTC -8) Somertyd: PDT (UTC -7) |
Klimaat | |
- Tipe | Subtropiese klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 16,6 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 7-19 / 15-25 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 344 mm |
Burgemeester | Bob Whalen |
Amptelike Webwerf | Laguna Beach Geargiveer 1 Mei 2012 op Wayback Machine |
Die stad het sy oorsprong in 'n Mormoonse nedersetting wat in die 1870's aan die Stille Oseaankus gestig is. Die natuurskoon van die omgewing met lang sandstrande wat oor 'n afstand van sewe myl strek, canyons en 'n heuwelreeks, wat langs die kus loop, het van Laguna Beach al in die vroeë 20ste eeu 'n gewilde toeristebestemming en 'n trekpleister vir Kaliforniese landskapskilders gemaak. Die eerste kunstenaar, wat aangetrokke gevoel het tot die Suid-Kaliforniese strandlandskap, was die waterverfskilder Norman St. Clair (1865−1912), 'n boorling van Banbury in die Engelse graafskap Oxfordshire wat hom in die Verenigde State gevestig het en hier as argitek werksaam was.[2] Daarnaas het die nedersetting bekendheid verwerf danksy die musiekkanaal MTV se werklikheids-program Laguna Beach: The Real Orange County wat vanaf 2004 gebeeldsend is.
Vandag lok Laguna Beach, een van die welvarendste nedersettings in die deelstaat, jaarliks drie miljoen besoekers. Sy klein winkelbuurt, wandellane en openbare vervoerstelsel met trems maak van die stad 'n unieke paradys vir voetgangers in Suid-Kalifornië. Danksy die Pageant of the Masters-kunsfees, wat jaarliks in die somer plaasvind, en die Laguna-kunsmuseum, wat hom op Kaliforniese kuns toespits, is Laguna Beach steeds 'n stad van kuns.
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Laguna Beach. |