Laingsburgtolbos
Die Laingsburgtolbos (Leucadendron osbornei) is 'n blomdraende struik of klein boompie wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit op die Elandsberg, Anysberg, Touwsberg en Matjiesgoedberg in die Klein Karoo voorkom.
Laingsburgtolbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucadendron |
Spesie: | L. osbornei
|
Binomiale naam | |
Leucadendron osbornei Rourke, (1997)
|
Die struik word 3 m hoog en blom in Oktober. Die plant vrek in 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na die grond na 'n brand waar dit deur die wind versprei word; die sade het klein vlerkies. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur klein kewers bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in sanderige grond op hoogtes van 800 - 1 600 m.
In Engels staan dit as die Laingsburg conebush bekend. Die plant se FSA-nommer is 81.7[1].