Lamine Yamal
Lamine Yamal Nasraoui Ebana (gebore 13 Julie 2007 in Esplugues de Llobregat, Barcelona) is ’n Spaanse professionele sokkerspeler wat as regtervleuel vir die La Liga-klub FC Barcelona en die Spaanse nasionale span speel. Hy staan bekend vir sy spoed, dribbelwerk, uitstekende passings en vermoë om akkurate en kragtige afstandskote te neem. Yamal word wyd beskou as een van die beste jong sokkerspelers ter wêreld.
Sy pa is van Marokko en sy ma is van Ekwatoriaal-Guinee.
Lamine het op 8 September 2023 sy senior debuut vir Spanje teen Georgië gemaak en in die 74ste minuut aangeteken. Op die ouderdom van 16 jaar en 57 dae oud het hy die jongste speler en doelskieter vir Spanje geword
Aan die einde van die 2024 UEFA Europa-beker is Yamal as die Jong Speler van die Toernooi aangewys. Spanje se 2–1 oorwinning oor Engeland in die eindstryd het hom die jongste speler gemaak om die Europese kampioenskap te wen.