Lampranthus aureus
plantspesie
Lampranthus aureus is 'n vetplant wat hoort tot die genus Lampranthus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en vorm deel van die fynbos, strandveld en renosterveld-plantegroei. Dit kom voor vanaf Tulbagh tot by Villiersdorp, St. Helenabaai en die Kaapse Skiereiland en het 'n voorkomsgebied van 7 754 km².
Lampranthus aureus | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Lampranthus |
Spesie: | L. aureus
|
Binomiale naam | |
Lampranthus aureus (L.) N.E.Br., (1930)
| |
Sinonieme | |
|
Daar is tans twaalf subpopulasies bekend, elke subpopulasie het minder as 100 plante en is gefragmenteer en groei op die oorblyfsels van natuurlike plantegroei. Die grootste gedeelte van hul habitat is afgestaan aan wingerde en koringverbouing. Indringerplante is ook 'n bedreiging, veral by Malmesbury en ontwikkeling is aan die Weskus is ook 'n bedreiging.