Lampranthus leptaleon
plantspesie
Lampranthus leptaleon is 'n vetplant wat hoort tot die genus Lampranthus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Tulbagh tot by Kaapstad en Somerset-Wes tot by Hermanus voor waar dit deel van die fynbos en renosterveld is. Daar is vyf subpopulasies oor nadat die plant die grootste gedeelte van sy habitat aan wingerde en koringverbouing afgestaan het. Die plant het tans 'n voorkomsgebied van kleiner as 20 km², een subpopulasie het in 2005 verlore gegaan tydens 'n onwettige behuisingsprojek. Die oorblywende subpopulasies word bedreig deur verdere ontwikkeling, indringerplante en gewasverbouing.
Lampranthus leptaleon | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Lampranthus |
Spesie: | L. leptaleon
|
Binomiale naam | |
Lampranthus leptaleon (Haw.) N.E.Br., (1930)
| |
Sinonieme | |
|