Lampranthus vernalis
plantspesie
Lampranthus vernalis is 'n vetplant wat hoort tot die genus Lampranthus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en vorm deel van die fynbos. Dit kom vanaf Yzerfontein tot by Saldanha voor en het 'n voorkomsgebied van kleiner as 100 km². Die plant het 25% van sy habitat afgestaan aan ontwikkeling by Saldanha, Jacobsbaai, Paternoster, St. Helenabaai, Langebaan en Yzerfontein die afgelope 25 jaar.
Lampranthus vernalis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Lampranthus |
Spesie: | L. vernalis
|
Binomiale naam | |
Lampranthus vernalis (L.Bolus) L.Bolus, (1939)
| |
Sinonieme | |
|