Langblaarkwassie
plant spesie
Die langblaarkwassie (Sorocephalus pinifolius) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Sorocephalus behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom op die Riviersonderendberge naby Tygerhoek.
Langblaarkwassie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Sorocephalus |
Spesie: | S. pinifolius
|
Binomiale naam | |
Sorocephalus pinifolius (Salisb. ex Knight) Rourke, (1969)
| |
Sinonieme | |
|
Die struik word slegs 1 m hoog en blom van Junie tot Oktober. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word, twee maande nadat die plant geblom het, ryp en die sade val na die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in sanderige grond op hoogtes van 450 - 800 m.
In Engels staan die struik as die Long-leaf clusterhead bekend.