Langkopsepter
Die langkopsepter (Paranomus dispersus) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Paranomus behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom van die Groot-Winterhoekberge tot die Riviersonderendberge tot die Outeniekwaberge en Klein Swartberg en Rooiberg.
Langkopsepter | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Paranomus |
Spesie: | P. dispersus
|
Binomiale naam | |
Paranomus dispersus Levyns, (1970)
|
Die struik word tot 1.5 m hoog en blom hoofsaaklik van Augustus tot November. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word, twee maande nadat die plant geblom het, ryp en die sade val na die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in sandsteen sand op hoogtes van 300 - 1200 m.
In Engels staan die struik as die Long-head sceptre bekend.