Swartrugmeeu
(Aangestuur vanaf Larus dominicanus)
Die Swartrugmeeu of Kelpmeeu (Larus dominicanus) is 'n seevoël wat aan die hele Suid-Afrikaanse kuslyn voorkom.
Swartrugmeeu | |
---|---|
'n Swartrugmeeu in Chili | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. dominicanus
|
Binomiale naam | |
Larus dominicanus (Lichtenstein, 1823)
|
Voorkoms
wysigDie voël is wit met 'n swart rug en vlerke. Die snawel is geel met 'n kenmerkende oranje kol op.
Habitat en gewoontes
wysigDie swartkopmeeu vang kos langs die hele kuslyn en maak nes op eilande of in klowe. Hulle snuffel op die strand vir vis, sandmossels, klipmossels en jong voëltjies. Hulle het die gewoonte om skulpvis op die rotse te laat val sodat dit kan oopbreek. Hulle aas ook op ashope vir kos.
Sien ook
wysigBron
wysig- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0