Letsie III
Letsie III (gebore as David Mohato Bereng Seeiso op 17 Julie 1963 in Morija) is die huidige koning van Lesotho (Suid-Sotho: motlotlehi). Hy het sy vader, Mosjesj II, opgevolg, nadat dié in 1990 in ballingskap gedwing is. Die bewind van sy vader is later vir 'n kort rukkie herstel, maar toe hy in 1996 in 'n motorongeluk sterf, het Letsie weer koning geword. Aangesien Lesotho 'n grondwetlike monargie is, is die meeste van koning Letsie se pligte as die koning van Lesotho seremonieel van aard.[1]
Letsie III | |
---|---|
Koning van Lesotho | |
Letsie III in 2013 | |
Dinastie | Huis van Mosjesj |
Bewind | 12 November 1990 – 25 Januarie 1995 7 Februarie 1996 – hede |
Volle naam | David Mohato Bereng Seeiso |
Ander titels | motlotlehi |
Gebore | 17 Julie 1963 |
Morija, Lesotho | |
Voorganger | Mamohato (Regent) |
Lerotholi Seeiso | |
Opvolger | Mosjesj II |
Gade | Anna Motšoeneng |
Kinders | Senate Seeiso 'M'aSeeiso Lerotholi Seeiso |
Vader | Mosjesj II |
Moeder | Mamohato |
Hy het sy skoolopleiding in die Verenigde Koninkryk aan die Ampleforth College voltooi. Daarna het hy aan die Nasionale Universiteit van Lesotho gestudeer waar hy met 'n BA in regte gegradueer het. Hy het daarna aan die Universiteit van Bristol, die Universiteit van Cambridge en die Universiteit van Londen studeer. Hy het sy studies in 1989 voltooi, waarna hy na Lesotho teruggekeer het.[2]
Huwelik en kinders
wysigUit koning Letsie se huwelik in 2000 met Karabo Motšoeneng is twee dogters en 'n seun gebore:
- Prinses Mary Senate Mohato Seeiso, gebore op 7 Oktober 2001.
- Prinses 'M'aSeeiso, gebore op 20 November 2004.
- Prins Lerotholi David Mohato Bereng Seeiso, gebore op 18 April 2007.
Eerbewyse
wysigNasionaal
wysig- Lesotho: Grand Master of the Most Dignified Order of Moshoeshoe.[3]
- Lesotho: Grand Master of the Most Courteous Order of Lesotho.[3]
- Lesotho: Grand Master of the Most Meritorious Order of Mohlomi.[3]
- Lesotho: Grand Master of the Most Loyal Order of Ramatseatsane.[4]
- Lesotho: Outstanding Service Medal.[3][5]
Internasionaal
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "Lesotho profile". BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2019. Besoek op 28 April 2014.
- ↑ (en) "His Majesty King Letsie III". Embassy of the People's Republic of China in the Kingdom of Lesotho. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 28 April 2014.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Televisión Camagüey, Cuba". Televisión Camagüey, Cuba. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Januarie 2020. Besoek op 4 Junie 2017.
- ↑ (en) "Kingdom of Lesotho". Besoek op 4 Junie 2017.
- ↑ (en) "Outstanding Service Medal". Besoek op 4 Junie 2017.
- ↑ (en) "Catholic King Letsie III of Lesotho invested into the Constantinian Order – Sacred Military Constantinian Order of St. George". 8 Oktober 2013. Besoek op 4 Junie 2017.
Bronne
wysig- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Letsie III.
Voorafgegaan deur Mamohato (Regent) |
Koning van Lesotho 1990–1995 |
Opgevolg deur Mosjesj II |
Voorafgegaan deur Mamohato (Regent) |
Koning van Lesotho 1996–hede |
Opgevolg deur Posbekleër |