Lettiese Sosialistiese Sowjetrepubliek

Die Lettiese Sosialistiese Sowjetrepubliek (Lets: Latvijas Padomju Sociālistiskā Republika; Russies: Латвийская Советская Социалистическая Республика, Latwijskaja Sowjetskaja Sotsialistitsjeskaja Respoeblika), ook bekend as die Lettiese SSR, was een van die republieke van die Sowjetunie.

Lettiese Sosialistiese Sowjetrepubliek
Латвийская Советская Социалистическая Республика
Vlag van Lettiese SSR Wapen van Lettiese SSR
Vlag Wapen
Volkslied: Internasionale Volkslied van die Sowjetunie
Ligging van Lettiese SSR
Hoofstad Riga
Grootste stad Riga
Amptelike tale Letties, Russies
Regering
Sosialisties
Onafhanklikheid
Bestaan
Van
Tot


5 Augustus 1940
4 Mei 1990
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
64 589 km2  (12de in USSR)
Bevolking
 - 1989-skatting
 - Digtheid
 
2 666 567 (14de in USSR)
41,3 / km2
Geldeenheid roebel (RUB)
Tydsone
 - Somertyd
+3 (UTC)
+3 (UTC)
Internet-TLD .su
Skakelkode +

Dis op 21 Julie 1940 gestig as marionetstaat tydens die Eerste Wêreldoorlog in die voormalige onafhanklike Republiek van Litaue, nadat dit op 17 Junie 1940 deur die Sowjet Leër beset is. Dit is op 5 Augustus 1940 amptelik deur die Sowjetunie geannekseer en het die land se 15de republiek geword. Die gebied is daarna deur Nazi-Duitsland oorgeneem, maar in 1944 tot 1945 deur die Sowjetunie teruggeneem.

Op 4 Mei 1990 het die land hom voorgeneem om weer volle onafhanklikheid te verkry en is dit weer hernoem tot die Republiek van Letland, maar Moskou het dit tot in 1991 steeds as ’n Sowjet-republiek beskou. Op 21 Augustus 1991 het Letland hom onafhanklik verklaar ná ’n mislukte Sowjet-staatsgreep. Op 6 September het die Sowjetunie die onafhanklikheid van die drie Baltiese state amptelik erken.

Letland, sowel as Litaue en Estland, het de facto opgehou om deel van die Sowjetunie te wees vier maande voor die Sowjetunie op (26 Desember 1991) ophou bestaan het. Vandag erken Letland geen regtelike verbintenis met die voormalige Sowjet-staat nie. Die Kommunistiese Party in die land is intussen ontbind.

Verwysings

wysig
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel Latvian_Soviet_Socialist_Republic