Worcestertolbos
Die Worcestertolbos (Leucadendron flexuosum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom in die Breederiviervallei naby Worcester. Die plant het 'n voorkomsgebied van 56 km² en daar is slegs een bevolking van tussen 400-500 plante. Die spesie word bedreig deur landbou aktiwiteite, indringerplante, oorbeweiding, die instandhouding van padskouers en 'n gebrek aan brandbestuur.
Worcestertolbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucadendron |
Spesie: | L. flexuosum
|
Binomiale naam | |
Leucadendron flexuosum I.Williams, (1967)
|
Die struik word 2,5 m hoog en blom van April tot Mei. Die plant oorleef brande deur uitspruiting vanuit 'n ondergrondse wortelstok. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val uit die tol grond toe, wat deur die wind versprei word. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur klein torre bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik op waterryke vlaktes in diep, klipperige grond op 180-200 m.
In Engels staan dit as die Worcester Conebush bekend.
Galery
wysigBronnelys
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Worcestertolbos.