Bokkeveld-tolbos
plant spesie
(Aangestuur vanaf Leucadendron nitidum)
Die Bokkeveld-tolbos (Leucadendron nitidum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom by Sederberg, Koue Bokkeveld en Swartruggensberge.
Bokkeveld-tolbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucadendron |
Spesie: | L. nitidum
|
Binomiale naam | |
Leucadendron nitidum H.Buek ex Meisn., (1856)
| |
Sinonieme | |
|
Die struik word 2.0 m hoog en blom van Mei tot November. Die plant vrek in 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na die grond na twee maande en word deur miere versprei.. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur klein insekte bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in sandsteen en kwartsietsand op hoogtes van 1 000 - 2 000 m.
In Engels staan dit as die Bokkeveld conebush bekend.
Galery
wysigVerwysings
wysigBronnelys
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bokkeveld-tolbos.