Syhaartolbos

plant spesie
(Aangestuur vanaf Leucadendron pubescens)

Die syhaartolbos (Leucadendron pubescens) is 'n blomdraende struik wat aan die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom op die Bokkeveldeskarp, Gifberg, Sederberg, Piketberg, Olifantsrivier, Sandveld, Koue Bokkeveld, Hexrivierberge, Bonteberg asook die Kwadouwberg, Witteberg en Touwsberg.

Syhaartolbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Leucadendron
Spesie:
L. pubescens
Binomiale naam
Leucadendron pubescens
R.Br., (1810)
Sinonieme
  • Leucadendron elatum H.Buek ex Meisn.
  • Leucadendron pillansii E.Phillips
  • Leucadendron retusum R.Br.
  • Leucadendron sericocephalum Schltr.
  • Protea elata Kuntze
  • Protea pubescens Poir.
  • Protea retusa (R.Br.) Poir.[1]

Die struik word 2,5 m hoog en blom van Junie tot Oktober maar hoofsaaklik in Julie. Die plant vrek in 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word in 'n tol op die vroulike plant geberg, val eers grond toe na 'n brand en word deur knaagdiere versprei. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur klein kewers bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in sandsteen- en kwartsietgrond op hoogtes van 60 - 1 700 m.

Dit staan ook as die knokkerbos of knopbos bekend, en die plant se FSA-nommer is 81.3.[2] In Engels staan dit as die grey conebush bekend.

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig