Maak hoofkeuseskerm oop

Leudal (Limburgs: Leudaal) is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, deels geleë aan die Maas-rivier en die grens met die Belgiese provinsie Limburg, en wat deels in die streek van Die Peel lê. Die munisipale gebied het sowat 36 000 inwoners (2019) en 'n oppervlakte van 165 km², waarmee dit die grootste munisipaliteit van hierdie provinsie is.

Leudal
Die Leubeek in die Leudal-natuurgebied
Die Leubeek in die Leudal-natuurgebied
Vlag van Leudal
Vlag
Wapen van Leudal
Wapen
Ligging van Leudal-munisipaliteit in Limburg
Ligging van Leudal-munisipaliteit in Limburg
Koördinate: 51°14′00″N 5°53′00″O / 51.23333°N 5.88333°O / 51.23333; 5.88333Koördinate: 51°14′00″N 5°53′00″O / 51.23333°N 5.88333°O / 51.23333; 5.88333
Land Vlag van Nederland Nederland
Provinsie Flag of Limburg (Netherlands).svg Limburg
Regering
 - Burgemeester Arno Verhoeven
Oppervlak
 - Munisipaliteit 164,89 km²  (63,7 vk m)
 - Land 162,78 km² (62,8 vk m)
 - Water 2,11 km² (0,8 vk m)
Bevolking (1 Januarie 2019)
 - Munisipaliteit 35 671
 - Digtheid 219/km² (567,2/myl2)
Poskode 6010-6015, 6037, 6073, 6080-6083, 6085-6086, 6088-6089, 6093, 6095-6096
Skakelkode(s) 0475, 0495
Webwerf: www.leudal.nl

Leudal is in 2007 gestig en gevorm uit die munisipaliteite Haelen, Heythuysen, Hunsel en Roggel en Neer. Heythuysen is die administratiewe setel van die munisipaliteit.

Die nuwe munisipaliteit is vernoem na die Leudal-natuurgebied. Deur hierdie gebied vloei die Leubeek.

PlekkeWysig

Plekke in die munisipale gebied van Leudal:
Baexem, Buggenum, Ell, Grathem, Haelen, Haler, Heibloem, Heythuysen, Horn, Hunsel, Ittervoort, Kelpen-Oler, Neer, Neeritter, Nunhem en Roggel.

Eksterne skakelsWysig