Libertarian Party of South Africa
Die Libertarian Party of South Africa (LiPSA) is 'n politieke party in Suid-Afrika wat op die beginsels van libertynisme gegrond is.[1] Die party is amptelik geregistreer op 26 Februarie 2014, net voor die algemene verkiesing in 2014.[2] As gevolg van 'n gebrek aan fondse het dié party nie die 2014 algemene verkiesing betwis nie.[3]
LiPSA betwis ook nie die algemene verkiesing van 2019 nie. Die party verklaar dat dit die regte van die individu as 'n outonome en verantwoordelike agent van hul eie lewe bevorder. Dus ondersteun LiPSA alle formasies - insluitende diegene wat gewone politieke partye dien - en verwelkom veral verskuiwings in die politieke landskap ten gunste van 'n ware multi-party demokrasie van beperkte regering. Die pary het weifelende libertyers aanbeveel om vir die ZACP in die 2019 algemene verkiesing te stem.[4]
Die LiPSA is een van die nege stigterslede van die International Alliance of Libertarian Parties.
Verwysings
wysig- ↑ Libertarian Party of South Africa (20 Oktober 2013). "Principles of the Libertarian Party of South Africa (LiPSA) - The Liberty Charter". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2019. Besoek op 1 Januarie 2016.
- ↑ "Libertarian Party registration approved by IEC". 27 Februarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2019. Besoek op 1 Januarie 2016.
- ↑ Libertarian Party of South Africa, Facebook. Besoek op 24 April 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |