Linköping
Linköping (Sweeds: [ˈlɪ̂nːˌɕøːpɪŋ], ) is 'n stad in Suid-Swede en die vyfde grootste in die land ná Stockholm, Gotenburg, Malmö en Uppsala met 'n oppervlakte van 1 568,57 vierkante kilometer en 'n bevolking van 167 404 (2023). Linköping dien as die administratiewe hoofstad van die gelyknamige munisipaliteit (Sweeds: kommun).
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Swede |
Landskap | Östergötland |
Län | Östergötland |
Koördinate | 58°25′N 15°38′O / 58.417°N 15.633°O |
Stigting (eerste verwysing) | 1082 |
Oppervlakte: | |
- Totaal (kommun) | 1 568,57 vk km[1] |
Hoogte bo seevlak | 45 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2023) | 167 404[2] |
- Bevolkingsdigtheid (kommun) | 106,7/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Kontinentaal-gematig |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 7,2 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | −1,8 / 17,5 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 604,8 mm |
Amptelike webwerf | www.linkoping.se |
Linköping is glo genoem na die Lionga ting, die belangrikste vergaderplek in Östergötland, terwyl die agtervoegsel köping na 'n markstad verwys. Ander Sweedse stede met 'n soortgelyke naam sluit in Jönköping, Norrköping ("noordelike markstad"), Nyköping en Söderköping ("suidelike markstad"). Die nabygeleë klooster Vreta is in 1128 gestig en die oudste dele van die domkerk van Linköping dateer ook uit dié tydperk.
Op 25 September 1598 is by die brug oor die Stångån (die hoofbrug in Linköping) die Rooms-Katolieke koning Sigismund III Wasa deur sy oom Karel van Södermanland verslaan, waarmee die kortstondige Pools-Sweedse unie beëindig is. Vervolgens is op 20 Maart 1600 vyf koninklike raadslede tydens die "bloedbad van Linköping" op die markplein tereggestel. Die slag was die begin van 'n oorlog tussen Swede en Pole wat tot in 1629 gewoed het.
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Square kilometre by region, type of area and year". Statistiek Swede. 2024. Besoek op 12 Mei 2024.
- ↑ (sv) "Folkmängd och befolkningsförändringar – Kvartal 4, 2023". Statistiek Swede. 22 Februarie 2024. Besoek op 12 Mei 2024.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Linköping.
- (en) Toerisme-inligting oor Linköping op Wikivoyage
- (sv) Amptelike webwerf
- (en) "Linköping". Encyclopædia Britannica. Besoek op 12 Mei 2024.