Rooibektiptol
(Aangestuur vanaf Lioptilus nigricapillus)
Die rooibektiptol (Lioptilus nigricapillus) is 'n skaars standvoël en hoogtetrekvoël wat endemies aan Suid-Afrika en eSwatini is. Hulle leef een-een of in pare in bergwoud en woudrande, en word deur 'n verlies aan habitat bedreig. Die voël is 16 – 18 cm groot en weeg 26 – 33 gram. In Engels staan die voël bekend as die bush blackcap.
Rooibektiptol | |
---|---|
Rooibektiptol in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Lioptilus Bonaparte, 1850
|
Spesie: | L. nigricapillus
|
Binomiale naam | |
Lioptilus nigricapillus (Vieillot, 1818)
|
Die rooibektiptol is die enigste spesie in die genus Lioptilus, en is gevolglik monotipies). Die genus behoort aan die familie van ouwêreldse sangers (Sylviidae).
Sien ook
wysigBron
wysig- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
Verwysings
wysig- ↑ BirdLife International (2012). "Lioptilus nigricapillus". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)