Lizzie van Zyl was 'n jeugdige inwoner van Bloemfontein-konsentrasiekamp wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog aan maagkoors gesterf het.[1][2] Die Britte het haar opgesluit nadat haar vader, 'n Boere-vegter, geweier het om oor te gee.

Lizzie van Zyl
LizzieVanZyl.jpg
Lizzie op haar sterfbed.
Gebore1894
Sterf9 Mei 1901[1]

Aktivis Emily Hobhouse gebruik haar dood as 'n voorbeeld van hoe swaar die Boerevroue en -kinders in die Britse konsentrasiekampe tydens die oorlog gekry het. Sy beskryf Lizzie as "'n verswakte kindjie met 'n dringende behoefte aan goeie versorging", wat op die laagste rantsoene geplaas is, en 'n maand daarna na die nuwe hospitaal sowat 50 kilometer van die konsentrasiekamp geneem is vir behandeling weens uithongering.

Volgens Hobhouse is sy hardhandig in die hospitaal behandel. Sy was nie in staat om Engels te praat nie en is deur 'n Engelssprekende dokter en sy verpleegsters as 'n idioot bestempel, wat haar glad nie kon verstaan nie. Op 'n dag het sy na haar ma begin roep. 'n Vrou het oorgestap om haar te troos, maar is hardhandig deur een van die verpleegsters onderbreek, wat haar beveel het om nie by die kind in te meng nie, omdat sy 'n oorlas was.[3]

VerwysingsWysig

  1. 1,0 1,1 1,2 "Bloemfontein" (in Engels). British Concentration Camps of the South African War 1900–1902. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 1 April 2012.
  2. van Heyningen, Elizabeth (Mei/Junie 2010). “A tool for modernisation? The Boer concentration camps of the South African War, 1900–1902106 (5-6).
  3. "The Concentration Camps" (in Engels). Boer.co.za. 21 Mei 1995. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2020. Besoek op 3 Junie 2013.