Lockheed L-188 Electra
Amerikaanse passasiersvliegtuig
Die Lockheed L-188 Electra is 'n Amerikaanse turboskroef passasiersvliegtuig wat deur Lockheed gebou is. Dit is die eerste groot turboskroef passasiersvliegtuig wat in Amerika gebou is. Dit het op 6 Desember 1957 sy nooiensvlug voltooi, aanvanklik was die verkope goed maar na twee noodlottige ongelukke was daar geen bestellings meer nie.
Lockheed L-188 Electra | |
---|---|
Tipe | Turboskroef passasiersvliegtuig |
Vervaardiger | Lockheed Corporation |
Nooiensvlug | 6 Desember 1957 |
Bekendstelling | 12 Januarie 1959 |
Status | Beperkte gebruik |
Hoofgebruiker | Buffalo Airways |
Vervaardig | 1957–61 |
Aantal gebou | 170 |
Weergawes | Lockheed P-3 Orion |
Die raamwerk van die vliegtuig is gebruik om die Lockheed P-3 Orion te bou.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lockheed L-188 Electra.