London City-lughawe
London City-lughawe (IATA: LCY, ICAO: EGLC) is die kleinste van die vyf lughawens in Londen. Die lughawe is in 1987 geopen en lê in Docklands, in die oostelike deel van die stad, nie te ver van die stadskern af nie. Die lughawe het 'n aanloopbaan van slegs 1650 meter en daar is geen verbindingspaaie nie. Die lughawe hanteer tans ongeveer 3.4 miljoen reisigers per jaar, hoofsaaklik sakereisigers, wat voordeel trek uit die kort afstand tussen die lughawe en die stad.
London City-lughawe | |||
---|---|---|---|
IATA: LCY – ICAO: EGLC | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar | Konsortium van AIMCo, OMERS, OTPP en Kuwait Investment Authority | ||
Operateur | London City Airport Ltd. | ||
Bedien | Londen, Verenigde Koninkryk | ||
Ligging | Silvertown | ||
Hoogte bo seevlak | 19 vt / 6 m | ||
Koördinate | 51°30′19″N 0°03′19″O / 51.50528°N 0.05528°O | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
Ligging binne Groter Londen | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
09/27 | 1 508 | 4 948 | Gekeepte beton |
Statistieke (2020) | |||
Passasiers | 905 326 | ||
Passasierverskil 18–19 | 5,7% | ||
Lugbewegings | 80 751 | ||
Bewegingsverskil 18–19 | 3,0% | ||
Bronne: VK Lugvaart-Inligtingspublikasie by NATS[1] Statistiek van VK Burgerlugvaartowerheid[2] |
In 'n meningspeiling onder reisdeskundiges, wat in 2014 in opdrag van Private Fly, 'n privaat aanlyn-besprekingsdiens vir lugpassasiers, gedoen is, is 'n landing op dié lughawe as een van die wêreld se tien opwindendste vlugervarings aangewys.[3]
Verwysings
wysig- ↑ "London/City – EGLC". Nats-uk.ead-it.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020. Besoek op 7 April 2012.
- ↑ "UK Annual Airport Statistics" (in Engels). CAA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2015. Besoek op 19 Maart 2013.
- ↑ "London City acclaimed as one of the world's most stunning airport landings". londonnet.co.uk. 14 Mei 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Junie 2019. Besoek op 16 Augustus 2021.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie London City-lughawe.
- (en) Amptelike webwerf
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |