Lubisidam
Die Lubisidam is geleë in die Indwerivier in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dam is in 1968 voltooi met 'n wal wat 51 m hoog is en 'n bakmaat van 156 miljoen m3. Die dam is 20 km noord van Qamata. Water uit die dam word in die rivier losgelaat wat weer by die Lantekeerwal in 'n 29 km lang kanaal afgekeer word. Die water word gebruik vir besproeiing in die distrik St. Marks.
Lubisidam | |
---|---|
Amptelike naam | Lubisidam |
Ligging | Qamata |
Provinsie/Land | Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Koördinate | 31°47′45″S 27°25′0″O / 31.79583°S 27.41667°O |
Dam in | Indwerivier |
Doel | Besproeiing en drinkwater |
Openingsdatum | 1968 |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Gravitasiedam |
Hoogte van wal | 51 m |
Lengte van wal | 236 m |
Bakmaat | 156 000 000 m³ |
Damoppervlak | 1 115 ha |
Sien ook
wysigBron
wysig