Ludovico Sforza
Hertog van Milaan (1452 – 1508)
(Aangestuur vanaf Ludovico il Moro)
Ludovico Sforza, die Hertog van Milaan, (27 Julie 1452 – 27 Mei 1508) en lid van die Sforza-dinastie van Milaan, was die tweede seun van Francesco I Sforza. Hy was bekend as 'n begunstiger van Leonardo da Vinci en ander kunstenaars. Volgens oorlewering is daar na hom as Ludovico il Moro ("Lodewyk die Moor") verwys, as gevolg van sy donkerder vel en pikswart hare.
Ludovico Sforza | |
---|---|
Hertog van Milaan | |
Vorstehuis | Sforza |
Regeer | 22 Oktober 1489 – 1500 |
Kroning | 22 Oktober 1489 |
Voorganger | Gian Galeazzo Sforza |
Opvolger | Lodewyk XII van Frankryk |
Gebore | 27 Julie 1452; Vigevano (tans Lombardye, Italië) |
Oorlede | 27 Mei 1508; Loches (Frankryk) |
Eggenoot | Beatrice d'Este |
Kinders | Maximilian Sforza Francesco II Sforza Giovanni Paolo (onwettig) Bianca Sforza (onwettig) |
Vader | Francesco I Sforza |
Moeder | Bianca Maria Visconti |