Lydenburgbroodboom
plant spesie
Die Lydenburgbroodboom (Encephalartos inopinus) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Die boom in endemies aan Mpumalanga waar dit voorkom in die Olifantsrivier- en Steelpoortriviervalleie. Die boom word normaalweg 2 m hoog maar kan soms 4 m bereik. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare.
Lydenburgbroodboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Cycadophyta |
Klas: | Cycadopsida |
Orde: | Cycadales |
Familie: | Zamiaceae |
Genus: | Encephalartos |
Spesie: | E. inopinus
|
Binomiale naam | |
Encephalartos inopinus R.A.Dyer, (1964)
|
Die plant se FSA-nommer is 5.1[1]. In Engels staan die broodboom as die Lydenburg cycad bekend.