Lys van Superrugbykampioene
- Hierdie artikel handel oor die wenners van die uitgebreide Superrugby-kompetisie. Vir inligting oor wenners voor die uitgebreide kompetisie, gaan na Lys van Super 12-kampioene of Lys van Super 14-kampioene
Superrugbykampioene is die titel van die wenner van die Superrugbykompetisie. Die toernooi was van 1996 tot 2005 bekend as die Super 12 maar na die eerste uitbreiding en die gevolglike toevoeging van die Western Force en die Cheetahs is die naam gewysig om die nuwe aantal spanne in die kompetisie te weerspieël.[1][2] Na die tweede uitbreiding en die gevolglike toevoeging van die Rebels is die kompetisie ook hernoem na Superrugby. Hierdie bladsy is ’n lys van die spanne wat die Superrugbykompetisie gewen het.
Dit begin met drie groepe (genoem konferensies) van vyf spanne wat volgens lande ingedeel is (daar is dus ’n Australiese, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse konferensie). Seisoenwedstryde bestaan uit twee tipes wedstryde, nl.:
- Intragroepwedstryde – Elke span speel twee keer teen elk van die ander spanne in die konferensie in tuis- en wegwedstryde. (Sien onderstaande tabelle vir groepe)
- Intergroepwedstryde – Elke span speel teen vier van die spanne van die ander twee konferensies waarvan vier wedstryde tuis en vier wedstryde weg is. Daar word dus teen een span van elke ander konferensie nié gespeel nie.
Die boonste span in elke konferensie, asook die volgende drie spanne op die algehele punteleër ongeag hul plek in hul konferensie, speel in die uitspeelwedstryde.[3] Die boonste twee konferensiewenners (op die basis van die algehele punteleër) kry die eerste rondte van die uitspeelwedstryde ’n loslootjie. In die eerste rondte van die uitspeelwedstryde is die derde konferensiewenner nommer drie met ’n tuiswedstryd teen die span wat sesde op die algehele punteleër geëindig het. Die span wat vierde was op die algehele punteleër sal dan in ’n tuiswedstryd uitspeel teen die span wat vyfde was. In die halfeindrondes sal die tweede konferensiewenner uitspeel teen die span wat in die eerste uitspeelrondte gewen het en die hoogste op die punteleër was. Die eerste konferensiewenner speel dan teen die ander uitspeelrondtewenner. Die eindrondte is ’n tuiswedstryd vir die span wat die hoogste op die algehele punteleër geëindig het.[4]
Uitslae
wysigHoe punte aangeteken word
wysig- wen = 4 punte
- gelyk = 2 punte
- verloor = 0 punte
- vir = Totale punte aangeteken
- teen = Totale punte afgestaan
- verskil = Punte afgestaan afgetrek van punte aangeteken
- Bonuspunt:
- Spanne kan addisionele bonuspunte verdien onder sekere omstandighede. Een bonuspunt word toegeken vir enige span wat vier of meer drieë in een wedstryd gedruk het ongeag die uitslag van die wedstryd. ’n Bonuspunt word toegeken indien ’n span met sewe of minder punte verloor. Dit is moontlik om twee bonuspunte in ’n wedstryd te verdien al het ’n span verloor.
- Bonuspunte word ook verkry wanneer ’n span ’n loslootjie gehad het.
Toernooie (2011–)
wysigSpanne wat hier gelys word is die spanne wat gekwalifiseer het vir die halfeindrondes. Tellings is so geskryf dat die span in daardie kolom s’n eerste genoem word. Die span wat uitgelig is, is die span wat daardie seisoen se kompetisie gewen het.
Jaar | Tydperk | Tabel- posisie |
Span | Wedstryde | Punte | Bonus- punte |
Tabel- punte |
Halfeind- telling |
Eind- telling[5] | |||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
gespeel | gewen | gelyk | verloor | vir | teen | verskil | ||||||||
2011 | 18 Februarie – 9 Julie | |||||||||||||
1 | Reds | 16 | 13 | 0 | 3 | 429 | 309 | +120 | 6 | 66 | 30–13 | 18–13 | ||
2 | Stormers | 16 | 12 | 0 | 4 | 400 | 257 | +143 | 7 | 63 | 10–29 | NVT | ||
3 | Crusaders | 16 | 11 | 1 | 4 | 436 | 273 | +163 | 7 | 61 | 29–10 | 13–18 | ||
4 | Blues | 16 | 10 | 1 | 5 | 405 | 335 | +70 | 10 | 60 | 13–30 | NVT | ||
2012 | 24 Februarie – 4 Augustus | |||||||||||||
1 | Stormers | 16 | 14 | 0 | 2 | 350 | 254 | +96 | 2 | 66 | 19–26 | NVT | ||
2 | Chiefs | 16 | 12 | 0 | 4 | 444 | 358 | +86 | 8 | 64 | 20–17 | 37–6 | ||
3 | Reds | 16 | 11 | 0 | 5 | 359 | 347 | +12 | 6 | 58 | NVT | NVT | ||
4 | Crusaders | 16 | 11 | 0 | 5 | 485 | 343 | +142 | 9 | 61 | 17–20 | NVT | ||
2013 | 15 Februarie – 3 Augustus | |||||||||||||
1 | Chiefs | 16 | 12 | 0 | 4 | 458 | 364 | +94 | 8 | 66 | 20–19 | 27–22 | ||
2 | Bulls | 16 | 12 | 0 | 4 | 448 | 330 | +118 | 5 | 63 | 26–23 | NVT | ||
3 | Brumbies | 16 | 10 | 2 | 4 | 430 | 295 | +135 | 6 | 60 | 23–26 | 22–27 | ||
4 | Crusaders | 16 | 11 | 0 | 5 | 446 | 307 | +139 | 5 | 60 | 19–20 | NVT | ||
2014 | 16 Februarie – 2 Augustus | |||||||||||||
1 | Waratahs | 16 | 12 | 0 | 4 | 481 | 272 | +209 | 10 | 58 | 26–8 | 33–32 | ||
2 | Crusaders | 16 | 11 | 0 | 5 | 445 | 322 | +123 | 7 | 51 | 38–6 | 32–33 | ||
3 | Sharks | 16 | 11 | 0 | 5 | 406 | 203 | +113 | 6 | 50 | 6–38 | NVT | ||
4 | Brumbies | 16 | 10 | 0 | 6 | 412 | 378 | +34 | 5 | 45 | 8–26 | NVT | ||
2015 | 13 Februarie – 4 Julie | |||||||||||||
1 | Hurricanes | 16 | 14 | 0 | 2 | 458 | 288 | +170 | 10 | 66 | 29–9 | 14–21 | ||
2 | Waratahs | 16 | 11 | 0 | 5 | 409 | 313 | +96 | 8 | 52 | 17–35 | NVT | ||
3 | Stormers | 16 | 10 | 1 | 5 | 373 | 323 | +50 | 3 | 45 | NVT | NVT | ||
4 | Highlanders | 16 | 11 | 0 | 5 | 450 | 333 | +117 | 9 | 53 | 35–17 | 21–14 | ||
2016 | 26 Februarie – 6 Augustus | |||||||||||||
1 | Hurricanes | 15 | 11 | 0 | 4 | 458 | 314 | +144 | 9 | 53 | 41–0 | 25–9 | 20–3 | |
2 | Lions | 15 | 11 | 0 | 4 | 535 | 349 | +186 | 8 | 52 | 42–25 | 42–30 | 3–20 | |
3 | Highlanders | 15 | 11 | 0 | 4 | 422 | 273 | +149 | 8 | 52 | 15–9 | 30–42 | NVT | |
4 | Chiefs | 15 | 11 | 0 | 4 | 491 | 341 | +150 | 7 | 51 | 60–21 | 9–25 |
Totale seges
wysigSuperrugby
wysigSpan | Kampioenskap(pe)[2][5] |
---|---|
Chiefs | 2 |
Reds | 1 |
Waratahs | 1 |
Highlanders | 1 |
Hurricanes | 1 |
Super 12- en Super 14-kampioenskappe
wysigSpan | Kampioenskap(pe)[2][5] |
---|---|
Crusaders | 7 |
Blues | 3 |
Bulls | 3 |
Brumbies | 2 |
Chiefs | 1 |
Reds | 1 |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) RugbyWA. "Rugby WA: Our History". Besoek op 1 Januarie 2009.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 RugbyWA. "Super 12 History" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2011. Besoek op 23 September 2007.
- ↑ "Superrugby: Groepe" (in Engels). Australiese Rugbyunie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2011. Besoek op 13 September 2010.
- ↑ "Superrugby: Formaat van uitspeelwedstryde" (in Engels). Australiese Rugbyunie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2011. Besoek op 13 September 2010.
- ↑ 5,0 5,1 5,2 Lassen, Kev. "Super Rugby Past Champions" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2019. Besoek op 1 Januarie 2009.