Lys van Super 14-kampioene

Hierdie artikel handel oor die wenners van die Super 14-kompetisie. Vir inligting oor vorige jare se wenners, sien Lys van Super 12-kampioene.

Super 14-kampioene is die titel van die wenner van die Super 14-kompetisie.[1] Die toernooi was van 1996 tot 2005 bekend as die Super 12, maar na uitbreiding en die gevolglike toevoeging van die Western Force en die Cheetahs is die naam gewysig om die nuwe aantal spanne in die kompetisie te reflekteer.[2][3] Hierdie bladsy is ’n lys van die spanne wat die Super 14 gewen het.

Super 14
Super 14

Die toernooi was in die formaat van ’n rondomtalie waarin elke span een keer teen elk van die ander spanne gespeel het. Die finale tabelposisie aan die einde van die rondomtalietoernooi bepaal wie deurgedring het na die halfeindrondes. 4 punte was toegeken vir ’n oorwinning, 2 vir ’n gelykopuitslag en 0 vir ’n verloor. Bonuspunte was ook toegeken aan ’n span wat 4 of meer drieë gedruk het in ’n wedstryd (ongeag van die uitslag) of wanneer ’n span met 7 punte of minder verloor het. Die 4 spanne met die meeste ligapunte aan die einde van die rondomtalietoernooi het deurgedring na die uitspeelrondes.[4] Die boonste twee spanne kry die voordeel van tuiswedstryde. Die vierde span speel dan teen die eerste span op die eerste span se tuisveld en die derde span speel teen die tweede span op die tweede span se tuisveld. Die twee spanne wat hier wen dring deur na die eindrondte wat gespeel word op die span se tuisveld wat, van die twee, meer punte gehad het na die tondomtalie. In die geval van gelyke punte word die spanne se punteverskil in berekening gebring en die span met die grootste punteverskil kry die voorrang. Die punteverskil word uitgewerk deur die hoeveelheid punte wat ’n span afgestaan het, af te trek van die hoeveel punte wat ’n span aangeteken het. Indien die punteverskil ook dieselfde is, kry die span wat die meeste drieë gedruk het in die seisoen voorrang.

Uitslae

wysig

Hoe punte aangeteken is

wysig
  • wen = 4 punte
  • gelyk = 2 punte
  • verloor = 0 punte
  • vir = Totale punte aangeteken
  • teen = Totale punte afgestaan
  • verskil = Punte afgestaan afgetrek van punte aangeteken
  • Bonuspunte = Sien verduideliking hierbo

Toernooie (2006-2010)

wysig

Spanne wat gelys word is die spanne wat in die top 4 van die rondomtalietoernooi geëindig het en gekwalifiseer het vir die halfeindrondtes. Tellings is so geskryf dat die span in daardie kolom s'n eerste genoem word. Die span wat uitgelig is, is die span wat daardie seisoen se kompetisie gewen het.

Jaar Tydperk Tabel
posisie
Span Wedstryde Punte Bonus-
punte
Tabel-
punte
Halfeind-
telling
Eind-
telling[5]
gespeel gewen gelykop verloor vir teen verskil
2006[6] 10 Februarie –
27 Mei
1 Crusaders 13 11 1 1 412 210 +202 5 51 35-15 19-12
2 Hurricanes 13 10 0 3 328 226 +102 7 47 16-14 12-19
3 Waratahs 13 9 0 4 362 192 +170 9 45 14-16 NVT
4 Bulls 13 7 1 5 355 290 +65 7 38 15-35 NVT
2007 2 Februarie –
19 Mei
1 Sharks 13 10 0 3 355 214 +141 5 45 34–18 19–20
2 Bulls 13 9 0 4 388 223 +165 6 42 27–12 20–19
3 Crusaders 13 8 0 5 382 235 +147 10 42 12–27 NVT
4 Blues 13 9 0 4 355 235 +120 6 42 18–34 NVT
2008 15 Februarie –
31 Mei
1 Crusaders 13 11 0 2 369 176 +193 8 52 33–22 20–12
2 Waratahs 13 9 1 3 255 186 +69 5 43 28–13 12–20
3 Sharks 13 9 1 3 271 209 +62 4 42 13–28 NVT
4 Hurricanes 13 8 1 4 310 204 +106 7 41 22–33 NVT
2009 13 Februarie –
30 Mei
1 Bulls 13 10 0 3 338 271 +67 6 46 36–23 61–17
2 Chiefs 13 9 0 4 338 236 +102 9 45 14–10 17–61
3 Hurricanes 13 9 0 4 380 279 +101 8 44 10–14 NVT
4 Crusaders 13 8 1 4 231 198 +33 7 41 23–36 NVT
2010 12 Februarie –
29 Mei
1 Bulls 13 10 0 3 436 345 +91 7 47 39–24 25–17
2 Stormers 13 9 0 4 365 171 +194 8 44 25–6 17–25
3 Waratahs 13 8 0 5 366 308 +58 7 43 6–25 NVT
4 Crusaders 13 8 1 4 388 295 +93 7 41 24–39 NVT

Totale seges

wysig

Super 14

wysig
Span Kampioenskap(pe)[3][5]
Bulls 3
Crusaders 2

Superrugby

wysig
  • Super 12- en Super 14-kampioenskappe.
Span Kampioenskappe[3][5]
Crusaders 7
Blues 3
Bulls 3
Brumbies 2

Verwysings

wysig
  1. (en) My Rugby News (31 Mei 2008). "Crusaders New Super 14 Champions of 2008". myrugbynews.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2010. Besoek op 1 Januarie 2009.
  2. (en) RugbyWA. "Rugby WA- Our History". Besoek op 1 Januarie 2009.
  3. 3,0 3,1 3,2 RugbyWA. "Super 12 History" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2011. Besoek op 23 September 2007.
  4. Brumbies Rugby (2009). "2009 Investec Super 14 Competition Table" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2010. Besoek op 1 Januarie 2009.
  5. 5,0 5,1 5,2 Lassen, Kev. "Super Rugby Past Champions" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2019. Besoek op 1 Januarie 2009.
  6. (en) Brumbies Rugby, 2006 Tooheys New Super 14 Competition Table Geargiveer 6 Desember 2006 op Wayback Machine. URL besoek op 11 Julie 2006.

Sien ook

wysig