Lys van sluipmoordslagoffers in Suid-Afrika
Wikimedia lysartikel
(Aangestuur vanaf Lys van sluipmoordslagoffers in Afrika)
Hierdie is 'n onvolledige lys van mense wat dood is in sluipmoord-aanvalle, of wat vermoor is, in Suid-Afrika.
- Shaka, (1828), koning van die Zoeloes, naby Stanger (nou KwaDukuza) deur sy broers Dingaan en Umthlangana, met die hulp van Mbopa.
- Umthlangana, (1828), Zoeloeprins, doodgesteek deur Dingane kort na Shaka se moord.
- Dingane, (1840), Zoeloekoning, doodgesteek tydens 'n militêre ekspedisie in die Hlatikhulu-woud deur Zulu Nyawo, Sambane en Nondawana.
- Hendrik Verwoerd, (1966), Eerste Minister van Suid-Afrika, doodgesteek in die volksraad deur Dimitri Tsafendas.
- Onkgopotse Tiro, (1974), Suid-Afrikaanse studenteleier.
- Ruth First, (1982), anti-apartheid geleerde en vrou van die Kommunistepartyleier Joe Slovo, deur die pro-apartheid "Buro vir Burgerlike Samewerking" lid Craig Williamson.
- Vernon Nkadimeng, (1985), Suid-Afrikaanse dissident.
- Dulcie September, (1988), hoof van die African National Congress in Parys, deur die Suid-Afrikaanse Weermagsersant Joseph Klue.
- David Webster, (1989), sosiale antropoloog en anti-apartheid aktivis.
- Chris Hani, (1993), leier van die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party.
- Johan Heyns, (1994), prominente leier van die Nederduits Gereformeerde Kerk.
- Marike de Klerk, (2001), voormalige eggenote van oud-president F.W. de Klerk.
- Taliep Petersen, (2006), Kaapse sanger, komponis en regisseur.
- Eugène Terre'Blanche, vermoor in sy slaap op 3 April 2010.
- Anni Dewani (née Hindocha; 13 November 2010), geskiet tydens haar wittebrood in 'n taxi in Lingelethu-Wes.