Madendam
Die Madendam (soms Pirie-dam) naby King William’s Town is gewild by forelhengelaars.
Ligging
wysigDie dam lê in die pragtige natuurskoon van die inheemse Pirie-woud in die Amatolaberge. Dit is by 32° 44′ 14″ suid, 27° 17′ 53″ oos, 22 km van King William’s Town, 80 km van Oos-Londen, by die beginpunt van die Amatola-voetslaanpad en in die Tyusharivier, ‘n spruit wat die bron is van die Buffelsrivier.
Dam
wysigDie dam is in 1910 gebou om water aan King William’s Town te voorsien, aanvanklik met ‘n maksimum volume van 325 miljoen liter en ‘n oppervlakte van 9 ha. Die betonwal se lengte is nagenoeg 200 m met ‘n hoogte van 15 m. James Maden was die ingenieur betrokke by die bouprojek. Verskillende soorte forelle word jaarliks in die dam vrygelaat.
Bibliografie
wysig- amatolaflyfishingclub.co.za
- Smith, Graham C.: Maden Dam Reservoir, Kingwilliamstown. In: Die Siviele Ingenieur in Suid-Afrika, Augustus 1977. journals.co.za/doi/pdf/10.10520/AJA10212019_20424