Madagaskar-ralreier
(Aangestuur vanaf Malgassiese ralreier)
Die Madagaskar ralreier (ook genoem die Malgassiese ralreier) is 'n seldsame winterbesoeker wat nie in Suid-Afrika broei nie.
Madagaskar-ralreier | |
---|---|
Madagaskar ralreier | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. idae
|
Binomiale naam | |
Ardeola idae | |
Verspreiding van die Madagaskar ralreier |
Identifikasie
wysigDie voël het 'n redelike donker rug en nek met breë, opvallende strepe, wat in vlug skerp by die wit vlerke afsteek. Die kenmerke onderskei hom van die ralreier. Sy groenerige snawel het 'n swart punt en snawelnok. Die algemene lengte van 'n volwasse voël is 47 cm.
Verspreiding
wysigSoos die naam aandui is die Madagaskar-ralreier endemies aan Madagaskar. Die voël word ook af en toe in Zimbabwe gesien, maar besoek Mosambiek meer dikwels; word ook gereeld in Oos-Afrika gesien.
Ander name
wysig- Wetenskaplike naam: Ardeola idae
- Engelse naam: Madagascar Squacco of Madagascar Pond-Heron