Die Malutiberge is 'n bergreeks geleë in die Koninkryk van Lesotho Dit is geleë tussen die Butha-Buthe-distrik in Lesotho en strek vir ongeveer 100 km in die Suid-Afrikaanse Vrystaatprovinsie.[1] Die Malutiberge vorm 'n deel van die uitgestrekte Drakensbergreeks wat vir etlike honderde kilometer oor Suid-Afrika strek.

Malutiberge
Sneeu op die Malutiberge Sneeu op die Malutiberge
Ligging Lesotho en Vrystaat, Suid-Afrika
Hoogte 3 482 meter bo seevlak
Reeks Drakensberg
Koördinate 29°0′0″S 28°25′0″O / 29.00000°S 28.41667°O / -29.00000; 28.41667
Bergtipe Bosveldstollingskompleks en sandsteen.
Rotsouderdom Neoargeaans tot vroeg-Paleoproterosoïes
Ligging van Malutiberge op 'n kaart (Suid-Afrika)
Malutiberge
Malutiberge

Geologie

wysig
 
'n Lugfoto van 'n nedersetting (village) in die Malutibergreeks.

Die reeks bestaan uit 'n hoë basaltplato, tot 3 400 m (11 200 vt) in hoogte, met 'n koel alpynse klimaat. Die hoogste punt, die 3 482 m hoë Thabana Ntlenyana, word in die noordoostelike hoek van die reeks aangetref. Dit is die hoogste bergpiek in Suider-Afrika, en die hoogste in Afrika suid van Kilimanjaro.[2] Die 3 291 m hoë Namahadipiek, die hoogste piek in die Vrystaat, is ook deel van die Malutireeks.

Die biostreek bestaam uit sandsteen en skalie wat met basalt bedek is. Die berg se rowwe terrein maak dit minder toeganklik vir besoekers en verhoed enige beduidende eksplorasie van sy mineraalbronne. Die topografie verskil tussen die twee lande. In Lesotho vorm die Maluti's 'n aaneenlopende hoogland van ronde pieke met ingekerfde diep valleie aan die flanke wat in die Senqurivier dreineer. Sneeu en ryp kom selfs in die somer op die hoogste pieke voor.[1]

Laangs die grenslyn van Suid-Afrika val loodregte basaltrotswande na benede in voetheuwels bestaande uit sandsteen. Hierdie rotse is ingekeep deur die riviere wat ooswaarts deur KwaZulu-Natal vloei.[1]

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 Zunckel, Kevan. 2010. Connectivity Conservation Management: A Global Guide (with Particular Reference to Mountain Connectivity Conservation). Earthscan. p.77-79
  2. Thabana Ntlenyana (mountain, Lesotho) – Britannica Online

Sien ook

wysig
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.