Manifest (TV-reeks)
Manifest is 'n Amerikaanse bonatuurlike dramareeks vir televisie wat deur Jeff Rake geskep is. Dit het op 24 September 2018 op NBC begin wys. Dit gaan oor die passasiers en bemanning van 'n kommersiële vliegtuig wat skielik vir vyf en 'n half jaar verdwyn. Van die hoofrolle word vertolk deur Melissa Roxburgh, Josh Dallas, J.R. Ramirez en Parveen Kaur.
Manifest | |
| |
Genre |
|
---|---|
Geskep deur | Jeff Rake |
Geregisseer deur |
|
Met |
|
Temamusiekkomponis | Danny Lux |
Oorsprong | VSA |
Taal | Engels |
Aantal seisoene | 4 |
Aantal episodes | 62 |
Produksie | |
Uitvoerende vervaardiger(s) |
|
Vervaardiger(s) |
|
Kinematografie |
|
Produksiemaatskappy |
|
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | NBC Netflix |
Oorspronklike lopie | 24 September 2018 | – 2 Junie 2023
Die reeks is met 'n tweede en derde seisoen verleng, en daarna gekanselleer. Net voor die kansellasie is dit op Netflix gewys en was dit dadelik aan die bopunt van die stromingsdiens se reekse. Netflix het Manifest toe vir 'n vierde seisoen van 20 episodes in twee dele verleng. Die eerste deel se première was op 4 November 2022 en die tweede deel s'n op 2 Junie 2023.[1][2][3]
Storielyn
wysigTerwyl Montego Air se vlug 828 van Jamaika na New York vlieg, ervaar dit 'n oomblik van intense lugturbulensie. Toe hulle in New York land, hoor die vliegtuig se 191 passasiers en bemanningslede[nota 1] van die nasionale veiligheidsgentskap (NSA) se assistentdirekteur, Robert "Bobby" Vance, dat meer as vyf en 'n half jaar verloop het sedert hulle opgestyg het en dat aanvaar is hulle is dood.
Terwyl hulle weer by hulle geliefdes aansluit, moet hulle aanvaar dat hulle lewens – en geliefdes – nie meer dieselfde is nie. Terselfdertyd begin hulle stemme hoor en visioene ervaar oor gebeure wat nog moet gebeur en waarna hulle as "roepings" verwys.
Episodes
wysigSeisoen | Episodes | Uitgereik | |
---|---|---|---|
1 | 16 | 24 September 2018 | |
2 | 13 | 6 Januarie 2020 | |
3 | 13 | 1 April 2021 | |
4 | 10 10 |
4 November 2022 2 Junie 2023 |
Hoofkarakters
wysigBederwingswaarskuwing: Die storielyn of storie se einde volg hieronder.
- Melissa Roxburgh is Michaela "Mick" Stone, 'n New Yorkse speurder en Ben se suster. Sy was 'n passasier op vlug 828 en trou later met Zeke. Ariana Jalia vertolk die rol van 'n jonger Michaela.
- Josh Dallas is Ben Stone, 'n wiskundeprofessor, Michaela se broer en die pa van Olive, Cal en Eden. 'n Passasier.
- Athena Karkanis is Grace Stone (seisoen 1-3), Ben se vrou en die ma van Olive, Cal en Eden. Aan die einde van seisoen 3 word sy noodlottig deur Angelina met 'n mes gesteek toe sy probeer keer dat Angelina vir Eden ontvoer.
- J.R. Ramirez is Jared Vasquez, 'n speurder en Michaela se oudverloofde. Hy trou in die passasiers se afwesigheid met Michaela se beste vriendin, maar hulle skei ná Michaela se terugkeer.
- Luna Blaise is Olive Stone, Ben en Grace se dogter en Cal se tweelingsuster. Jenna Kurmemaj is 'n jong Olive.
- Jack Messina (seisoen 1-3) is Cal Stone, Ben en Grace se seun en Olive se tweelingbroer. Cal was 'n passasier op vlug 828 en is vyf en 'n half jaar jonger as Oliver toe hulle terugkeer. Ty Doran vertolk die rol van Cal as tiener.
- Brianna en Gianna Riccio (eerste helfte van seisoen 4) en Paisley Day Herrera (tweede helfte van seisoen 4) is Eden Stone, Ben en Grace se jongste dogter en Olive en Cal se suster.
- Parveen Kaur is Saanvi Bahl, 'n dokter, mediese navorser en 'n passasier op vlug 828. Sy word later gewerf om vir die NSA se Projek Eureka te werk wat 828 ondersoek.
- Matt Long is Zeke Landon (seisoen 2-4), 'n voetslaner wat tydens 'n storm in 'n grot vasval en 'n jaar lank as dood beskou word. Hy keer terug na die lewe in 'n situasie soortgelyk aan dié van vlug 828 se passasiers. Hy trou met Michaela en word die eerste mens wat langer as sy doodsdatum lewe nadat hy Cal se lewe gered het. Colin Critchley is 'n jong Zeke.
- Holly Taylor is Angelina Meyer (seisoen 3-4), 'n 828-passsier wat ná haar terugkeer deur haar godsdienstige ouers in Costa Rica gevange gehou word omdat hulle glo sy is 'n demoon of heks. Michaela en Zeke red haar later en sy gaan woon by die Stones. Sy raak egter stadigaan waansinnig en word 'n vals profeet wat glo sy is bestem om die doodsdatum te oorleef en God se uitverkore volk in 'n nuwe wêreld te lei. In die reeks se laaste episode veroorsaak Angelina se talle bose dade (soos die moord op Grace en die ontvoering van Eden) dat sy tot as verbrand. Hoewel sy in haar laaste oomblike berou betoon, is dit nie genoeg om haar te red nie.
- Daryl Edwards is Robert Vance, die NSA se direkteur wat die ondersoek na die herverskyning van vlug 828 se paasasiers lei. Baie mense dink hy het gesterf, maar hy oorleef en werk saam om die geheime van vlug 828 en die regering se sinistere doeleindes te ontbloot. Hy lei Projek Eureka en ondersoek die herboude wrak van die vliegtuig vir antwoorde.
- Ellen Tamaki is Drea Mikami, Michaela se nuwe polisiemaat by die NYPD.[4][5]
- Garrett Wareing is TJ Morrison, 'n universiteitstudent en 828-passasier wat goed met Olive bevriend raak. Aan die einde van seisoen 2 gaan werk hy in Egipte, maar behou kontak met die Stones en stuur vir hulle leidrade wat hy ontdek.[6]
Ontvangs
wysigMet sy première het die reeks gemengde resensies gekry. Op Rotten Tomatoes het die eerste seisoen 'n goedkeuringsyfer van 56% gekry, met 'n gemiddelde punt van 6,2/10, gebaseer op 39 resensies.[7] Metacritic het dit 'n punt van 55 uit 100 gegee, gebaseer op 15 resensies, wat dui op 'n gemengde of gemiddelde ontvangs.[8] Seisoen 4 het op Rotten Tomatoes 'n goedkeuringsyfer van 86% gekry met 'n gemiddelde punt van 8,6/10, gebaseer op sewe resensies.
'n Positiewer mening was dié van Kelly Lawler van USA Today, waarin sy verduidelik sy voel die reeks se eenvoud en verskeidenheid van dramasubgenres kan help dat dit beter vaar as programme met 'n soortgelyke tema wat onsuksesvol was.[9]
In nog 'n positiewe opmerking sê Variety se Daniel D'Addario die loodsepisode het nie antwoorde probeer gee nie; net vrae gestel. Maar sy ondersoekendheid en bereidwilligheid om skerp en redelik onsinies te wees, in die lig van alles wat dit probeer wees, is meer as welkom."[10]
Die eerste episode was die top- nuwe program van beide dié seisoen en dié week.[11]
Nota
wysig- ↑ Die getal 191 is 'n bedekte verwysing na verskeie tragiese vlugte met die nommer 191, waaronder American Airlines se vlug 191, die dodelikste vliegongeluk op Amerikaanse grondgebied, en Delta Air Lines-vlug 191, wat gelei het tot verbeterings in Dopplerradar en 'n begrip van skuifwinde.
Verwysings
wysig- ↑ Andreeva, Nellie (28 Augustus 2021). "'Manifest' Saved With 20-Episode Fourth & Final Season On Netflix; Cast Led By Josh Dallas & Melissa Roxburgh To Return". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2021. Besoek op 28 Augustus 2021.
- ↑ Wenger, Stephanie (28 Augustus 2022). "Netflix Sets Premiere Date for First Part of Manifest Season 4 — Watch the Announcement Video!". People (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2022. Besoek op 28 Augustus 2022.
- ↑ Rice, Lynette (7 April 2023). "'Manifest': Netflix Reveals Return Date For Part 2". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2023. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ Petski, Denise (28 Augustus 2019). "'Manifest': Andrene Ward-Hammond & Ellen Tamaki To Recur On Season 2 Of NBC Series". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2019. Besoek op 28 Augustus 2019.
- ↑ Buczak, Lizzy (6 Maart 2020). "Manifest Interview: Ellen Tamaki Talks Drea and Mic's Relationship, If She Can Be Trusted, and the X'ers". CraveyouTV TV Show Recaps, TV Reviews, Spoilers, Interviews (in Engels (VSA)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2020. Besoek op 6 Maart 2020.
- ↑ Petski, Denise (21 Augustus 2019). "'Manifest': Yasha Jackson & Garrett Wareing To Recur On Season 2 Of NBC Series". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2019. Besoek op 21 Augustus 2019.
- ↑ , Manifest, https://www.rottentomatoes.com/tv/manifest/s01, .
- ↑ , Manifest, Metacritic, .
- ↑ Lawler, Kelly (22 Oktober 2018). "5 reasons NBC's Manifest might be the only successful 'Lost' copycat". USA Today. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018. Besoek op 7 November 2018.
- ↑ D'Addario, Daniel (13 September 2018). "TV Review: Manifest on NBC". Variety. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2018. Besoek op 7 November 2018.
- ↑ Levin, Gary (10 Oktober 2018). "Fall TV early report card: Manifest, FBI off to fine starts; Rel lost in the shuffle". USA Today. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2018. Besoek op 6 November 2018.
Skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.