Delta Air Lines-vlug 191
Delta Air Lines-vlug 191 was 'n binnelandse vlug van Delta Air Lines wat van Fort Lauderdale, Florida, op pad was na Los Angeles, Kalifornië, en wat die Internasionale Lughawe Dallas/Fort Worth in Texas aangedoen het. Op 2 Augustus 1985 het die Lockheed L-1011 TriStar wat op vlug 191 was, 'n lugstorting getref toe dit in Texas wou land.
Delta Air Lines-vlug 191 | ||
N726DA, die vliegtuig wat in die ramp betrokke was, soos in Februarie 1985 afgeneem. | ||
Ongeluk | ||
Datum | 2 Augustus 1985 | |
Soort geval | Ongeluk | |
Oorsaak | Skuifwind | |
Plek van ramp | Internasionale Lughawe Dallas/Fort Worth, Irving, Texas, VSA | |
Sterftes | 137[1][2][3] | |
Vliegtuig | ||
Soort vliegtuig | Lockheed L-1011 TriStar | |
Stertno. | N726DA | |
Oorsprong | Internasionale Lughawe Fort Lauderdale-Hollywood | |
Halte 1 | Internasionale Lughawe Dallas/Fort Worth | |
Bestemming | Internasionale Lughawe Los Angeles | |
Passasiers | 152 | |
Bemanning | 11 | |
Oorlewendes | 27 |
Ongeluk
wysigDie vliegtuig het die grond getref 1,6 km voor die aanloopbaan, 'n motor naby die lughawe ook getref, teen twee watertenks gebots en gedisintegreer. Van die 163 aanwesiges aan boord het 137 mense gesterf en nog 25 is beseer.[1][2][nota 1] Dit sluit twee passasiers in wat aanvanklik oorleef, maar ná meer as 30 dae weens noodlottige beserings gesterf het.[4] (Die amptelike syfer was 135 sterftes, want volgens federale regulasies beteken "noodlottige beserings" beserings wat binne 30 dae tot die dood lei.) Op 4 Oktober, twee maande ná die ongeluk, is nog 'n persoon wat sleg gebrand en albei sy bene verloor het, dood.[1]
Die Nasionale Vervoerveiligheidsraad (NTSB) het bepaal die ongeluk is veroorsaak deur die vliegpersoneel se besluit om deur 'n donderstorm te vlieg, die gebrek aan prosedure of opleiding om lugstortings te vermy en die gebrek aan inligting oor windskuiwing. Voorspellings van lugstortings in die daaropvolgende jare verbeter, met nog net een kommersiële vlug wat teen 2024 in 'n ongeluk was as gevolg daarvan.[5]
Nota
wysig- ↑ Die ongeluk het uiteindelik 137 lewens geëis, insluitende 136 mense aan boord van die vliegtuig (al drie vliegpersoneellede, vyf kajuitpersoneellede en 128 passasiers), asook die bestuurder van die motor.
Verwysings
wysig- ↑ Jump up to: 1,0 1,1 1,2 "Delta Crash Toll Hits 137". Sun-Sentinel. 4 Oktober 1985. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Julie 2018. Besoek op 29 Augustus 2016.
- ↑ Jump up to: 2,0 2,1 Smith, Mike (2 Julie 2014). "Defeating the downburst: 20 years since last U.S. commercial jet accident from wind shear". The Washington Post. Besoek op 29 Augustus 2016.
- ↑ Smothers, Ronald (1 September 1988). "Delta Puzzled by Recent Scars on Its Record". The New York Times. ISSN 0362-4331. Besoek op 1 September 2016.
- ↑ Torbenson, Eric (2 Augustus 2010). "1985 Delta 191 disaster at D/FW Airport gave rise to broad safety overhaul". The Dallas Morning News. Besoek op 1 September 2016.
- ↑ Brockes, Emma (16 Desember 2023). "'So these are the people I'll die with': one nervous flyer on the terrifying rise in turbulence". The Guardian. ISSN 0261-3077. Besoek op 16 Desember 2023.
Skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.