Stomatopoda
(Aangestuur vanaf Mantisgarnaal)
Stomatopoda (mantisgarnale) is 'n orde wat tot die klas Malacostraca behoort. Stomatopodas is roofdiere; kenmerkend is die voorste kloue wat terugvou, amper soos dié van 'n mantis. Hierdie orde word in twee groepe verdeel volgens die manier waarop prooi aangeval word. Die een groep deurboor die prooi met 'n skerp punt aan die klou. Die ander klap die prooi dood met 'n hameraksie.
Stomatopoda | |
---|---|
Odontodactylus scyllarus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | Stomatopoda Latreille, 1817
|
Families | |
Sien teks |
Bron
wysig- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3