Maraboe
Die maraboe (Leptoptilos crumeniferus) is 'n groot waadvoël in die familie van ooievaars (Ciconiidae). Hulle broei in Afrika suid van die Sahara, in nat en droë habitatte, dikwels naby menslike bewoning, veral ashope. Hulle word soms "begrafnisondernemer-voëls" genoem as gevolg van hul vorm van agter: swart mantelagtige vlerke, wit bene en soms met 'n klossie wit hare op die kop.
Maraboe | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. crumeniferus
|
Binomiale naam | |
Leptoptilos crumeniferus (Lesson, 1831)
| |
Sinonieme | |
Leptoptilos crumeniferus |
Identifikasie
wysig'n Groot swart-wit ooievaar met veerlose kop en nek, afgetrek tussen sy skouers; hy het 'n pienk keelsak.
Habitat
wysigDie veld en die bosveld in die noorde van Suid-Afrika; besoek die Krugerwildtuin af en toe.
Verspreiding
wysigDie noordelike deel van Suid-Afrika.
Leefwyse
wysigDit is 'n aasvreter; daarom het hy 'n bles kop en nek.
Ander name
wysig- Engels: Marabou Stork
- Wetenskaplike naam: Leptoptilos crumeniferus
Sien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Leptoptilos crumenifer. |