Marcus Junius Brutus

(Aangestuur vanaf Marcus Brutus)

Marcus Junius Brutus (8542 v.C.) was ’n Romeinse senator. Hy was die baasbrein agter die plan om Julius Caesar op 15 Maart 44 v.C te vermoor.[1] Hy het vantevore by die slag van Pharsalus saam met Pompeius teen Caesar geveg, al het Pompeius Brutus se pa in twyfelagtige omstandighede doodgemaak. Ná die moord op Caesar lei hy die legioene van "bevryders" of "republikeine" teen die legioene van Octavianus en Marcus Antonius by die slag van Philippi. Dit loop egter op 'n nederlaag uit, waarna hy selfmoord pleeg.

Marcus Brutus
Marcus Junius Brutus
Borsbeeld van Marcus Brutus

Senator van die Romeinse Republiek
Ampstermyn
58 v.C. – 42 v.C.

Persoonlike besonderhede
Gebore 85 v.C.
Rome, Romeinse Republiek
Sterf 23 Oktober 42 v.C. (op 43)
Philippi, Macedonia
Religie Romeinse paganisme ((Cultus Deorum Romanorum))

Literatuur

wysig

Die welbekende frase "Et tu, Brute?" ("En jy, Brutus?") kom in Shakespeare se Julius Caesar-toneelstuk voor. Dit is die laaste woorde van Caesar voordat hy vermoor is. Die rede vir die uitspraak was dat Caesar hom as 'n vriend beskou het.

Verwysings

wysig
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels

wysig