Marillenknödel (Oostenrykse Duits; "appelkooskluitjies"; Tsjeggies: meruňkové knedlíky) is 'n tradisionele soet hoofgereg wat inheems aan Boheme, Beiere en Oostenryk is en veral in streke bedien word waar appelkose (in Oostenryk Marillen genoem, in teenstelling met ander Duitssprekende gebiede waar na die vrugte as Aprikosen verwys word) op groot skaal verbou word soos die Oostenrykse Wachau en die Vinschgau in Suid-Tirol (Italiaans: Val Venosta).[1] Die kluitjies, wat oorspronklik van aartappeldeeg berei is, is ook gewild as nagereg.[2]

Marillenknödel
Marillenknödel met Topfen ('n soort maaskaas, inheems aan Beiere en Oostenryk, met 'n baie sagte tekstuur), poeiersuiker en gesmelte botter

In Oostenryk en Duitsland word Marillenknödel ook as diepbevrore kitskos in supermarkte aangebied.[3]

Verwysings

wysig
  1. Mein Östereich: Marillenknödel. Besoek op 18 Mei 2020
  2. Wachauer Marillenknödel. In: Karin Hauenstein-Schnurrer, Jörn Rynio: GU Küchenratgeber Österreich. München: Gräfe und Unzer 2007, bl. 52
  3. iglo.at: Marillenknödel ohne Kern. Besoek op 18 Mei 2020

Eksterne skakels

wysig
Resepte