Masters of the Air (TV-reeks)
Masters of the Air (Afrikaans: Meesters van die Lug) is 'n 2024 Amerikaanse oorlogsdrama-minireeks geskep deur John Shiban en John Orloff vir Apple TV+[1] en is gebaseer op die 2007 boek deur Donald L. Miller met dieselfde naam. Dit handel oor die 100th Bomb Group, 'n swaar bomwerper-eenheid in die Amerikaanse Lugmag, toegerus met Boeing B-17 Flying Fortress bomwerpers, wat in die ooste van Engeland tydens die Tweede Wêreldoorlog opereer.[2] Gevaarlike missies word uitgevoer om teikens binne Duits-besette Europa te vernietig. Die intensiteit van oorlog word uitgebeeld, sowel as die gevare wat die vlieëniers in die gesig staar, en die vriendskappe wat ontwikkel.
Die reeks bestaan uit nege episodes en gaan saam met die reekse Band of Brothers (2001) en The Pacific (2010). Dit is die eerste reeks wat deur Apple Studios in samewerking met Playtone en Amblin Television vervaardig word. Die sterre Austin Butler, Callum Turner en Anthony Boyle is deel van 'n ensemble-rolverdeling.
Die primêre verfilming het in 2021 in Engeland begin, maar is by verskeie geleenthede vertraag weens die Covid-19-pandemie.[2] Masters of the Air het op 26 Januarie 2024 begin. Die reeks het 'n positiewe ontvangs gekry.
Rolverdeling
wysigHoofrolle
wysig- Austin Butler as maj. Gale "Buck" Cleven[2]
- Callum Turner as maj. John "Bucky" Egan[2]
- Anthony Boyle as lt. Harry Crosby
- Barry Keoghan as lt. Curtis Biddick
- Nikolai Kinski as kol. Harold Huglin
- Stephen Campbell Moore as maj. Marvin "Red" Bowman
- Sawyer Spielberg as lt. Roy Frank Claytor
- Isabel May as Marjorie "Marge" Spencer
- James Murray as kol. Neil "Chick" Harding
- Nate Mann as maj. Robert "Rosie" Rosenthal
- Kai Alexander as sers. William Quinn
- Laurie Davidson as lt. Herbert Nash
- Joanna Kulig as Paulina
- Louis Hofmann as lt. Ulrich Haussmann
- Jamie Parker as dr. Huston
- Bel Powley as Alessandra "Sandra" Wesgate
- Sam Hazeldine as kol. Albert Clark
- Josiah Cross as 2de lt. Richard D. Macon
- Branden Cook as 2de lt. Alexander Jefferson
- Ncuti Gatwa as 2de lt. Robert Daniels
- Jerry MacKinnon as kol. Benjamin O. Davis Jr.
- Josh Dylan as lt. George Niethammer
Herhalend rolle
wysig- Darragh Cowley as lt. Glenn Graham
- Matt Gavan as lt. Charles Cruikshank
- Jonas Moore as kapt. Frank Murphy
- Jordan Coulson as lt. Howard Hamilton
- Ben Radcliffe as kapt. John D. Brady
- David Shields as maj. Everett Blakely
- Edward Ashley as maj. Jack Kidd
- Raff Law as sers. Ken Lemmons
- Adam Long as kapt. Bernard DeMarco
- Elliot Warren as lt. James Douglass
- Samuel Jordan as sers. John J. "Winks" Herrmann
- Harry Ames as kapt. August H. Gaspar
- Bailey Brook as sers. Charles K. Bailey
- Louis Greatorex as kapt. Joseph "Bubbles" Payne
- John Hopkins as dr. Wendell "Smokey" Stover
- Nathen Solly as lt. John Hoerr
- Josh Bolt as lt. Winifred "Pappy" Lewis
- Ian Dunnett Jnr as lt. Ron Bailey
- Thomas Flynn as Barr
- James Frecheville as maj. Bill Veal
- Jonathan Halliwell as sers. William J. DeBlasio
- Dean John-Wilson as lt. Clifford Milburn
- Tom Joyner as kapt. "Stormy" Becker
- Riley Neldam as sers. Michael V. Boccuzzi
- Adam Silver as lt. David Solomon
- Ben Spong as maj. Ollie Turner
- Spike White as lt. Charles A. Via
Verwysings
wysig- ↑ "Masters of the Air". Writers Guild of America West. Besoek op 6 November 2023.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 Solly, Meilan (9 November 2023). "Watch the Trailer for 'Masters of the Air,' Steven Spielberg's Long-Awaited Follow-Up to 'Band of Brothers'". Smithsonian Magazine. Smithsonian Institution. Besoek op 10 November 2023.